Rugbylegende Ruben Kruger sterf
Nuus24 berig dat die voormalige Springbok- en Bulls-flank Ruben Kruger (39) sy jarelange stryd teen kanker verloor het.
Hy het van 1993 tot 1999 as Springbok-flank uitgedraf en was deel van die seevierende Wêreldbeker-kampioenspan van 1995 en is in 1995 as Saru se speler van die jaar aangewys. Hy het 36 keer vir die Bokke uitgedraf en het sewe drieë gedruk.
Dokters het in 2000 'n breingewas by hom diagnoseer en in 2007 en 2009 het hy twee breinoperasies ondergaan waartydens gewasse uit sy brein verwyder is.
Lees die volle berig en stuur huldeblyke op Nuus24.
Verwante artikels
-
By Ruben Kruger se begrafnis
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
SARIE se Fanie Cronjé was 3 Februarie 2010 by Ruben Kruger se begrafnisdiens. Hy vertel:
-
Hoe't jy gevoel toe...(Henré Pretorius)
SARIE - Mei 2009
jy hoor jou vrou is swanger – en jou broer het kanker?
-
Hoe't jy gevoel toe...? (Lize, Ruben Kruger se vrou)
SARIE - April 2009
... jou man wéér met 'n breingewas gediagnoseer word?
-
Janie du Plessis brul op 'n Harley vir borskanker
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 2
-
Jeremy Mansfield oor sy kanker-ervaring
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 8
-
RSG se Amore Bekker oor haar geliefde se dood
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
















Kommentaar
Charmaine Matthasen het gesê:
Ek dink almal wat vir Ruben geken het is vandag hartseer maar nie ontroosbaar nie!!! Hy is/was my bron van inspirasie gewees want ek leef ook met Kanker en elke dag is 'n bonus, sedert ek gediagnoseer was in 2003 Sterkte aan al sy familie en onthou Jesus sal jou nie op klippe laat loop as Hy jou nie die regte skoene daarvoor gee nie!
29ste Jan. 2010, 02:59Maggie het gesê:
Ai, my hart is verskriklik seer, en ek weet woorde troos nie. Mag die Here vir Lize en die twee dogtertjies in Sy arms toevou, net Hy kan troos en heelmaak. Dankie vir die pragtige voorbeeld as sportman, Christen en familieman wat Ruben vir almal gestel het, en vir sy voortgesette getuienis vir die Koninkryk selfs toe dinge nie goed gegaan het nie. Hy sal verseker nie vergeet word nie.
28ste Jan. 2010, 10:29Hetty Steyn het gesê:
My sussie se man (32) is 3 jaar terug met dieselfde soort kanker gediagnoseer en is verlede jaar Februarie dood. Hy is 3 dae na sy dogtertjie se 2de verjaarsdag oorlede en die laaste 2 maande was HEL!!! Ons dink aan julle Lize en familie want dit IS swaar. Troos jou net daaraan dat hy nou beter af is as hier op aarde.
28ste Jan. 2010, 10:17Maretha Maritz het gesê:
Ek dink en bid die Here se genade en troos vir jul toe. Dis moeilik en hartseer om 'n geliefde te verloor,maar die Here voorsien elke dag.Ek het 21jaar gelede my man, op 30jr, so verloor. My kinders was 5mnde,3jr en 5jr, onderskeidelik. Vandag is ons 'n hegte gesin en ek kan die Here dank vir al sy genade en liefde, deur almal wat my al die jare ondersteun het.Sterkte in die hartseer tyd.
28ste Jan. 2010, 09:52