Ryan Reynolds se Kaapstad-fliek begin draai

Deur Maryke Cumpsty, SARIE Februarie 2012

Ryan Reynolds se Kaapstad-fliek begin draai Foto’s: Gallo images/Getty images Galery

Die fliek Safe House, wat grotendeels in Kaapstad verfilm is en waarin Ryan Reynolds 'n hoofrol speel, begin 10 Februarie in fliekteaters in Amerika en Suid-Afrika draai. Hy vertel meer.

Verlede jaar was die Moederstad die tydelike tuiste van twee groot Hollywood-name, Ryan Reynolds en Denzel Washington. En die strate van Kaapstad was soos 'n groot "speelgrond" vir die filmspan. Opwindende jaagtogte is in die Kaapse strate geskiet en die Kunstekaap-teater is "verander" in 'n Amerikaanse konsulaat met 'n Amerikaanse vlag wat voor die gebou wapper. Plaaslike inwoners het die sexy Ryan by die bekende The Old Biscuit Mill in Woodstock en ook op die Franschhoekse wynlandgoed La Motte opgemerk – aan die arm van 'n platinablonde model wat op daardie stadium sy meisie was. Die opwinding was groot!

Nou is die fliek op die punt om in Amerika én plaaslik uitgereik te word. Ryan Reynolds het tydens Dinsdag 7 Februarie se onderhoud met aanbieder Matt Lauer op die Amerikaanse oggenprogram Today meer vertel oor die fliek.

Reynolds beskryf Safe House as intens. Hy speel die rol van die CIA-agent teenoor die skurk, vertolk deur die Oscar-bekroonde Denzel Washington. En hy't selfs per ongeluk die Hollywood-legende 'n blou oog gegee. Gelukkig het People se Sexyste Man van 2010 nie veel beserings oorgehou van dié aksiebelaaide tonele nie.

"Die fliek sal jou op die punt van jou stoel hou," verklap Ryan.

Kyk die lokprent hier. Jy sal die Kunstekaap-teater, De Waal-rylaan met die skilderagtige uitsig op die stad en Tafelbaai-hawe, die jaagtonele deur Adderleystraat, 'n ongelooflike helikopter-uitsig oor Tafelberg, die stadskom en die Kaapstad-stadion kan eien.

Verwante artikels

  • 'Ek was hoof-haarstilis op stel van 'n Hollywood-fliek'

    'Ek was hoof-haarstilis op stel van 'n Hollywood-fliek'

    SARIE Augustus 2011

    Stefano Ceccarelli (40), vryskut-haarstilis van Rome, het vanjaar van Februarie tot einde Mei sowat 13 uur per dag op die Safe House-stel in Kaapstad hare gestileer en skouers geskuur met sterre soos
    Denzel Washington, Sam Shepard, Ryan Reynolds en Vera Farmiga. Dit was Stefano se eerste besoek aan Suid-Afrika.

  • Ryan Reynolds ontmoet SARIE-leser op lughawe

    Ryan Reynolds ontmoet SARIE-leser op lughawe

    SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 4

    SARIE-leser Karen du Plessis het vanoggend die Hollywood-akteur Ryan Reynolds op Kaapstad Internasionaal Lughawe ontmoet!

Kommentaar

Web Development by FormFunction