Ryk Neethling, Lee-Ann Liebenberg en Jeannie D – Suid-Afrika se stylvolstes!
Ryk Neethling is die afgelope naweek by die SA Style Awards as Suid-Afrika se stylvolste ikoon aangewys.
Lee-Ann Liebenberg en Nicky van der Walt, haar man en pa van Gia, is aangewys as Suid-Afrika se stylvolste paartjie, en Jeannie D, Top Billing-aanbieder, as SA se stylvolste media-persoonlikheid. Terry Pheto is Suid-Afrika se stylvolste uitvoerende kunstenaar.
Dié SA Style Awards is reeds 14 jaar oud en is 'n jaarlikse instelling op die mode-kalender. Dit word beskryf as Suid-Afrika se Oscars vir mode en skoonheid! Die doel van dié toekenningsaand is om erkenning te gee aan plaaslike sterre, mode-ontwerpers, "trendsetters" en innoverende, gesofistikeerde persoonlikhede.
En vanjaar het dié glansgeleentheid by die Nelson Mandela Square plaasgevind, waar die gaste begroet is met 'n glasie sjampanje op die rooi tapyt om die aand af te skop. Daarna het die feesmaal begin, gevolg deur die lang verwagte toekenningseremonie.
Die benoemings vir die styltoekennings is in die bekwame hande van die Durbanse, Kaapstadse en Johannesburgse beoordelaars gelaat. Elke beoordelaar moes twee benoemdes, wat voldoen aan die titel as SA se stylvolstes, vir elke kategorie inskryf. Nog kategorieë en hul onderskeie wenners vanjaar is:
Mees innoverende styl: Poppy Ntshongwana (5FM)
Stylvolste uitvoerende kunstenaar (musiek): Lindiwe Suttle
Stylvolste model: Lerato Moloi
Stylvolste ontwerper: Maira Koutsoudakis
Stylvolste sakepersoonlikheid: Sandile Msimango
Stylvol is beslis die perfekte woord om ons SA bekendes te beskryf en ons weet hulle sit altyd hul beste voetjie voor (veral op die rooi tapyt). Kyk gerus die foto's by ons artikel asook na die video om deel te wees van SA se nuutste modes!
- Foto van sowetanlive.co.za, all4women.co.za
Verwante artikels
-
5 Minute met Fanie Cronjé, SARIE se glans-man
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Fanie Cronjé is SARIE se styl- en sosiale redakteur en dit beteken hy is die een wat byna elke glansryke geleentheid bywoon en SARIE dan daar verteenwoordig. Hy maak ook seker dat SARIE se voorblaaie so pragtig en stylvol is.
-
Bekendes wat musiekmaak in die geheim: Johnny Depp, Anne Hathway en Halle Berry
SARIE - November 2010
Dit lyk of hulle alles het wat in hul guns tel. Hulle is mooi, hulle is beroemd, hulle het geld... Nou, het jy geweet dat van die Hollywood-bekendes musiektalent ook het?
-
Fanie en ander bekendes by die opening van bekende pantomime in Johannesburg - Foto's
SARIE - November 2010
Waar die rooi tapyt uitgerol word en bekendes partytjies hou, daar is ons styl- en sosiale-redakteur, Fanie Cronjé. Einde 2010 was hy by die opening van Robinson Crusoe, die pantomime wat in die Joburg Teater speel.
-
Fanie gesels met Michelle Pienaar, Binneland Sub Judice se Yvette
SARIE September 2010
Sy het bekend geword nadat sy 'n Egoli-wedstryd in SARIE gewen het. Toe verdwyn sy 'n ruk om ma te word van Joshua Peter Crosson, nou 9 maande oud. Haar terugkeer na TV is as Yvette Stuurman in die sepie Binneland Sub Judice.
-
Op die rooi tapyt: Aletté-Johanni Winckler by Vonk-toekennings
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
"Die opwinding in die Winckler is huis is tasbaar, vandag kan daar weer vir 'n slag ge "dress" word en dit is net krultange en knippies, grimering en swierige klere waar jy kyk. Dis tyd vir die Vonk-toekennings"
-
Raai watter bekendes se voete is dit?
SARIE - November 2010
Vir die bekroonde Franse fotograaf Amélie Debray se nuutste projek het sy die voete van SA bekendes gefotografeer. Die uitstalling begin 29 Oktober en loop tot 27 November 2010 by die Wessel Snyman Galery in Kaapstad.
-
SA-ontwerper se swembroekstyl is Halle Berry se gunsteling
SARIE - Oktober 2010
Halle Berry en ons eie Mej. SA, Nicole Flint, is maar twee celebs wat Dax Martin se baaikostuums met metaalringe, kralewerk en diamanté-afwerking dra.
-
SA-ster van Bold and the Beautiful, gesels met SARIE
SARIE Augustus 2011
Terry Pheto, die talentvolle Tsotsi-aktrise en gesig van L’Oréal SA, het ’n rol as ’n SA hartchirurg in die Amerikaanse sepie The Bold and the Beautiful losgeslaan.
-
SARIE maak geskiedenis by vanjaar se Pica-tydskriftoekennings!
SARIE - November 2010
Gisteraand (11 November) was 'n groot aand vir SARIE!
-
SARIE se Fanie kry rol in nuwe Afrikaanse fliek
SARIE - November 2010
SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, het 'n rol losgeslaan in Sean Else se nuwe fliek.
-
WEN somerstyl-klere ter waarde van R3 700
SARIE September 2010
10 SARIE-lesers kan elk klere van STATUS ter waarde van R3 700 wen
























Kommentaar