Bekende SA aktrise speel nou in The Bold and the Beautiful
Tsotsi-aktrise Terry Pheto speel eersdaags in The Bold and the Beautiful, haar rol is dié van 'n wêreldbekende Suid-Afrikaanse hartchirurg. Sy is tans in Los Angeles en sluit haar op 13 Junie 2011 by die TV-span aan.
Terry Pheto wie pas 30 geword het, is die gesig van L'Oréal in Suid-Afrika, en nou speel sy die rol van 'n Suid-Afrikaner in een van die bekendste sepies ter wêreld. Die vervaardigers swyg egter nog oor presies wat die storielyn rondom Pheto se rol gaan wees. Die karakter is 'n eerste vir haar, dis die perfekte kombinasie van skoonheid en intelligensie.
"Herdie is die kans van 'n leeftyd en ek sien so uit om saam met Katherine Kelly Lang en Susan Flannery te speel. Dit terwyl ek my tande behoorlik in hierdie uitdagende rol sal sink," het Pheto gesê.
Die vervaardiger wou juis 'n Suid-Afrikaner in die sepie inskryf oor die groot aanhang wat The Bold and the Beautiful hier in SA geniet.
Jy gaan vir Terry teen 2012 in dié sepie sien - weeksdae om 18h00 op SABC 1 Mzansi Fo Sho
Volg vir Terry op Twitter - @TerryPheto
Verwante artikels
-
Eksklusief op sarie.com - Jake Gyllenhaal gesels uit Hollywood
SARIE - Mei 2010
Jake Gyllenhaal is binnekort te sien in die fliek Prince of Persia wat 21 Mei 2010 op die grootskerm in Suid-Afrika begin draai. Jake se medester is Gemma Arterton.
-
SA-ster van Bold and the Beautiful, gesels met SARIE
SARIE Augustus 2011
Terry Pheto, die talentvolle Tsotsi-aktrise en gesig van L’Oréal SA, het ’n rol as ’n SA hartchirurg in die Amerikaanse sepie The Bold and the Beautiful losgeslaan.
-
Ster van The Bold and the Beautiful by Johannesburgse Modeweek
SARIE - Maart 2011
Die aktrise Jacqueline MacInnes Wood, wat bekend is vir haar rol as Steffy Forrester in die SABC1-sepie The Bold and the Beautiful was in Februarie 2011 'n model vir die ontwerper David Tlale by die Johannesburg Modeweek.

















Kommentaar