SA-modelle in die fliek, Spud

SARIE Maart 2010

Dis 'n mooi affêre hierdie - dis nou die vroulike rolverdeling vir die fliek van die topverkoper-roman deur John van de Ruit, Spud. Nuus24 berig dat drie plaaslike modelle die drie vroulike hoofrolle in die rolprent losgeslaan het: Charlbi Dean Kriek, Alex McGregor en Tanit Phoenix.

Tanit is g'n vreemdeling op die silwerdoek nie. Sy het al in 'n reeks flieks gespeel ondermeer in Lord of War teenoor Jared Leto.

Volgens berigte het Charlbi die vervaardigers in haar eerste oudisie aangenaam verras.

Ontmoet Charlbi hier.

En ja, Alex McGregor is lid van daardie baie bekende en pragtige McGregor-clan. Sy is familie van bekende modelle Kerry en sus Tracey McGregor. Alex is 'n bekende op die verhoog en het rolle in die verhoogproduksies Grease en Charlotte's Web vertolk.

Charlbi en Alex speel die rolle van Spud se liefdes. Tanit is die sexy drama-onderwyseres wat 'n verhouding met een van die leerlinge aanknoop.

John Cleese, Britse akteur wat bekend is vir sy rol in Fawlty Towers, speel die rol van die eksentrieke onderwyser.

Verwante artikels

Galery

  • Spud the Movie
  • sr1001uitskieters_14_.jpg

Kommentaar

Web Development by FormFunction