SA-sangsensasie, Locnville, is familie van Charlie Chaplin
Die identiese tweeling van Locnville, Andrew en Brian Chaplin, is besig om die plaaslike en internasionale musiekbedryf te oorrompel en het onlangs 'n kontrak met ondermeer Justin Timberlake se platemaatskappy Sony Music International (SMI) gesluit.
En ja, hulle ís familie van die legendariese Charlie Chaplin. Hul oupagrootjie is die broer van Charlie Chaplin se pa.
Die tweeling het 'n Suid-Afrikaanse pa en 'n Amerikaanse ma en hoewel hulle in New York gebore is, het hulle die grootste deel van hul lewe in Suid-Afrika grootgeword.
"Vir dié wat Charlie Chaplin en sy etos geken het, sal dit sekerlik hul persepsie oor ons beïnvloed. Maar of dit bepalend was in ons sukses, dié is ek nie so seker van nie."
Verwante artikels
-
Angelique Gerber (7de Laan se Clara) en Locnville-broers gesigte van 46664-armbande
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 6
Die nuwe gesigte van Madiba se 46664-armbandprojek is pas bekendgemaak.
-
SA tweeling-tienerbroers Locnville kry internasionale platekontrak
SARIE - Mei 2010
Die tweeling-tienerbroers van Kaapstad Andrew en Brian Chaplin (19) van die groep Locnville het gister 'n internasionale musiekdeurbraak gemaak toe die internasionale platemaatskappy Sony Music International (SMI) 'n kontrak met hulle gesluit het.














Kommentaar