SA tweeling-tienerbroers Locnville kry internasionale platekontrak

SARIE - Mei 2010

Die tweeling-tienerbroers van Kaapstad Andrew en Brian Chaplin (19) van die groep Locnville het gister 'n internasionale musiekdeurbraak gemaak toe die internasionale platemaatskappy Sony Music International (SMI) 'n kontrak met hulle gesluit het.

Hulle bevind hulle nou in die geselskap van wêreldbekende popsterre soos Justin Timberlake, berig Die Burger.

Die merkwaardige verhaal van die twee broers het kenners in die musiekbedryf verstom. Drie maande gelede het niemand buiten hul familie en vriende eens van hul bestaan geweet nie.

Locnville het nou 29 000 fans op Facebook en met internasionale roem wat wink... wie weet?

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction