Sandra Bullock is Vrou van die Jaar
Foto’s: Harpers Bazaar Galery
Sandra Bullock is deur People Magazine aangewys as Vrou van die jaar.
2010 was vir haar ’n mallemeulerit van algehele hoogtepunte, soos haar Oscar vir The Blind Side, en laagtepunte soos haar egskeiding.
Presies ’n week nadat sy die Oscar ontvang het, het dit op die lappe gekom dat haar eksman, Jesse James, ontrou is aan haar. Twee maande later was die egskeiding afgehandel.
Kort daarna het Sandra enkelouer geword van ’n babaseuntjie, Louis. Sy en Jesse het maande vantevore aansoek gedoen om die baba aan te neem, maar na die egskeiding het Sandra toesig oor Louis gekry.
Sandra is ook deur Forbes.com aangewys as die hoogsbetaalde aktrise in Hollywood, wat $56-miljoen verdien het vir The Blind Side en The Proposal.
2010 was vir seker nie ’n maklike jaar vir haar nie, maar dit was definitief die suksesvolste jaar van haar lewe!
Verwante artikels
-
Almal wil soos Sandra Bullock lyk!
SARIE - Februarie 2010
Volgens 'n berig in die Wall Street Journal het Sandra Bullock die mees inspirerende rooitapyt-styl.
-
Sandra Bullock: "In my 40's lewe ek soos ék wil"
SARIE Maart 2010
Sandra Bullock is pas met die Oscar as beste aktrise vir haar rol in The Blind Side bekroon. Ná sy haar in haar 20's oor als bekommer het en deur haar 30's gewerk het, lewe sy op haar manier in haar 40's.
-
Só lyk Sandra Bullock se aanneembaba, Louis
SARIE - Mei 2010
2010 was haar grootste, maar sekerlik ook haar seerste jaar. Sandra Bullock het haar eerste Oscar gewen, maar intussen het haar huwelik met Jesse James verbrokkel.

















Kommentaar