Sanger Jak de Priester skryf 'n boek

Deur Phyllis Green, SARIE - April 2010

Sanger Jak de Priester skryf 'n boek Foto’s: Phyllis Green Galery

Die liedjieskrywer, digter, sanger en storieverteller se boek Brood het onlangs verskyn.

Dis ‘n versameling van liedjies, bladmusiek, foto's, uittreksels uit onderhoude en selfs ‘n paar reseppies en inkleurprentjies! Die bonus is die CD agterin, waarop hy die storie van sy seuntjie se koms vertel en ook die liedjie, Hippie Haai - song vir Jamie waarin hy dié gebeure besing.

As jy deur Brood (Griffel, R250) blaai en die woorde lees, besef jy jy lees oor Jak se lewe. Hy skryf oor die dinge wat met hóm gebeur, sy verliefdheid en liefde, sy musiek en kunstenaarskap, oor sy familie en hoe dit is om te reis en die verlange wanneer jy genoeg gehad het en eintlik net by die huis wil wees. Jy kan nie anders as om die lewe 'n bietjie deur sy oë te aanskou nie - ‘n unieke beskouïng deur ‘n talentvolle storieverteller. Ek het een oggend by Jak, Michelle en klein Jamie gaan tee drink om te gesels oor sy boek en sy werk.

Lees die volle onderhoud met hom.

Verwante artikels

  • 5 boek-minute met Nataniël

    5 boek-minute met Nataniël

    SARIE - Januarie 2009 | Kommentaar: 7

    Phyllis Green gesels met Nataniël oor sy nuutste boek, When I Was (Human & Rousseau, R140)

  • 5 Boek-minute met Nikki James

    5 Boek-minute met Nikki James

    SARIE - Mei 2009

    Nikki James was vasberade om die navorsing vir haar kinderboek, Allie makes a difference, op Marion-eiland te gaan doen. En sy het dit reggekry. Een hele maand kon sy “wandering albatrosses” na hartelus dophou

  • 5 Boekminute met Gaile Parkin

    5 Boekminute met Gaile Parkin

    SARIE - Februarie 2009

    Phyllis Green gesels met Gaile Parkin oor haar debuutroman, Baking Cakes in Kigali (Atlantic Books, R190), wat handel oor die lewe van Angel Tungaraza, die bobaas-koekbakster van Rwanda en agony aunt de luxe

  • 5 Boekminute met Ilse van Staden

    5 Boekminute met Ilse van Staden

    SARIE - Februarie 2010

    Een Saterdagoggend vat ek die pad Cullinan toe vir ‘n koppie tee by die skrywer Ilse van Staden. Tee by Ilse is nie net ‘n koppie tee nie. Tee in die Woordhuis gaan altyd gepaard met gesels. Soms oor diere, haar eie en myne - sy is ‘n veearts.

  • 5 Boekminute met Karin Brynard

    5 Boekminute met Karin Brynard

    SARIE - November 2009 | Kommentaar: 4

    Ek is mal oor ‘n lekker spanningsverhaal. As die eerste woorde my in hulle web vasvang en ek kry myself eers losgewikkel wanneer ek daardie boek toemaak ná die laaste woord... soos met Plaasmoord, die debuut-spanningsroman uit die joernalis Karin Brynard se pen.

Kommentaar

Web Development by FormFunction