SARIE, Charlize en sokker!
Op die Charlize-webtuiste, charlizeonline.com, word daar geskryf oor SARIE se treffende Januarie-uitgawe.
Dié uitgawe het rondom die finale sokkerloting op straat verskyn. Gaan kyk op http://charlizeonline.com.
“Ek gloei,” het sy entoesiasties gesê tydens ‘n eksklusiewe onderhoud met Fifa.com. “Ek is vandag trots om te sê ek is ‘n Suid-Afrikaner. Lees die volledige Nuus24-artikel.
Sy's hier om aan die finale sokkerloting deel te neem. Ook SARIE is deel van die glans met Charlize op die voorblad van ons eerste uitgawe vir 2010!
In 'n eksklusiewe onderhoud, met foto's wat vir die eerste keer in SA gesien word, vertel Charlize dat SA steeds deel is van haar botteltjie geluk.
"Charlize is die perfekte voorblad om 2010 mee af te skop. Sy is vir my nou mooier as ooit - die foto's slaan jou asem weg. Met die Wêreldbekersokker gaan 2010 ook 'n jaar van opwinding en inspirasie wees, en dít is Charlize 100%," sê SARIE-redakteur, Michélle van Breda.
* DIE JANUARIE-UITGAWE IS VANAF MAANDAG 7 DESEMBER TE KRY
Internasionale celebs in Kaapstad gesien!
Met die finale trekking was 'n paar Kapenaars al gelukkig genoeg om van die internasionale celebs in die stad te sien.
Volgens Cape Talk 702 het Charlize gister 'n bootrit saam met haar familie gehad en daarna middagete by die Waterfront geniet.
Die Britse sokkerspeler David Beckham was by 'n eksklusiewe hotel gesien. Hy was glo perfek aangetrek en het baie ontspanne gelyk. Al die aandag was op hom gerig toe hy die hotel verlaat het met hoë sekuriteit wat hom omring het.
Nuus24 berig dat alhoewel sy oupa Woensdagoggend oorlede is, dat hy steeds in SA sal aanbly om te help met Engeland se bod vir die 2018 Wêreldbeker. Lees die volle berig op Nuus24.
Hierdie sarie.com-gebruikers het Charlize gesien:
Raai wie gaan nog die finale trekking in Kaapstad bywoon?
Haile Gebrselassie (Ethiopië)
Dubbel Olimpiese goue-medalje-wenner en wenner van 9 wêreldkampioenskappe
Makhaya Ntini (Suid-Afrika), die Proteas se eerste swart krieketspeler
John Smit (Suid-Afrika), kaptein van die Springbokke, rugby se wêreldkampioene.
Matthew Booth (Suid-Afrika), Bafana Bafana-speler
President Zuma en Fifa-president, Joseph S. Blatter, sal die gaste verwelkom. F.W. de Klerk, Emiritus-aartsbiskop Desmond Tutu, sokker-ikone Franz Beckenbauer, Michel Platini, Eusebio en Roger Milla gaan ook daar wees.
Nelson Mandela sal die gaste via 'n video-verbinding toespreek.
Onder die musikante wat gaan optree, is die Soweto Gospel Choir, Angélique Kidjo en Johnny Clegg
200 miljoen mense wêreldwyd sal na verwagting die finale trekking dophou.
Verwante artikels
-
Charlize los haar kêrel, Stuart Townsend
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 2
Charlize Theron en Stuart Townsend is uitmekaar. Hul verhouding was bestempel as een van die mees stabiele verhoudings in Hollywood, maar die romanse van 9 jaar is nou verby.
-
Charlize oor Dior J'adore
SARIE Januarie 2010
Charlize is al ses jaar lank die gesig van Christian Dior se “goue” parfuum, J’adore. Sy vertel oor haar 'liefdesverhouding' met dié geur.
-
Charlize Theron praat eksklusief met sarie.com
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 7
Sooooo sexy, maar sy hou nie van dié etiket nie. En Charlize Theron se grootste swakheid? Kos! Sy dink die hele tyd daaraan. In dié lekker onderhoud verklap sy ook wat sy wil doen as Hollywood haar nie meer wil hê nie ...
-
Fifa-partytjie - SARIE-fotograaf op die rooi tapyt
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
-
Freshlyground se Zolani gesels met SARIE oor 2010
SARIE - Desember 2009
-
Goue Charlize: sarie.com is eksklusief op stel
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 37
Dior J'adore is vanjaar 10 jaar oud en Charlize, SA se goue meisie, is die gesig van dié topverkoper-parfuum. Kuier agter die skerms toe dié pragfoto's vir die advertensie geneem is.
-
Goue meisie Charlize se skoonheidswenke
SARIE - Desember 2009
As sy haar geluk kon bottel, sou Suid-Afrika beslis een van die bestanddele wees, vertel die goue Charlize Theron. Hier deel sy háár skoonheidsgeheime eksklusief op sarie.com
-
Jo-Ann Strauss op Europa se grootste Saterdagaand-TV-program vir Wêreldbeker
SARIE - Junie 2010
Voormalige Mej Suid-Afrika en Top Billing-aanbieder, Jo-Ann Strauss, deel 'n bank met Lionel en sy dogter Nicole Richie op Europa se grootste Saterdagaand-TV-program. Sy vertel meer.
-
John Smit: 10 dinge wat jy nie van hom geweet het nie
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 3
Hy is SA se gróót held, die internasionale rugbykaptein wat al die meeste kere sy span gelei het. Maar John Smit is ook ’n man vir geel rose, slaaptydstories en doeke omruil.
-
Larry King: "Charlize Theron is die sexyste vrou met wie ek nóg 'n onderhoud gevoer het"
SARIE - Junie 2010
"Sy's 'n godin! En daai aksent. Sy is mooi van binne en buite, en dit kan 'n mens duidelik sien. En sy's sexy." Dit was Larry King se antwoord Saterdagaand op 'n vraag van Quentin Tarantino oor watter vrou met wie hy al 'n onderhoud gevoer het, hy dink die sexyste is.
-
Sokkermanne wys lyf (en landsvlae) vir die kamera - foto's
SARIE - Mei 2010
Sokkerkoors het behoorlik posgevat in SA in 2010, maar ook regoor die wêreld.
-
Waka Waka saam met Freshlyground en Shakira
SARIE - Mei 2010
Die offisiële Wêreldbeker-liedjie, Waka Waka, gesing deur Shakira en Freshlyground het reeds die radiogolwe getref. Nou kan jy die Waka Waka-dans leer (net betyds vir Bafana Bafana se eerste wedstryd op die 11de Junie).



















Kommentaar