Sarie.com by Idols-oudisies in Kaapstad - foto's!

Deur Lou-Ann Stone, SARIE - April 2010

Sarie.com by Idols-oudisies in Kaapstad - foto's! Foto’s: Rodger February Galery

Hoopvolles het gister (6 April 2010) in hul honderde opgedaag by die Kaapstadse Konferensie-sentrum vir 'n kans om die nuwe Idol te wees. Sarie.com was daar met die kamera.

Van die deelnemers het die vorige aand reeds by die ingang geslaap om vanoggend vroeg voor in die koor te wees.

En wat 'n kleurryke spulletjie was dit nie. Elkeen in sy beste paar jeans en stylvol gestileerde kapsel vir dié groot geleentheid om die 4 beoordelaars te beïndruk. Teen gisteroggend 8h00 het die ry soos 'n lang ruspe om die gebou gekrul.

"Ons het nog nie die presiese getalle nie, maar dit lyk asof daar omtrent dubbel soveel Kaapse deelnemers vanjaar is as laasjaar. Ons is baie beïndruk met Kaapstad dat hier so baie mense opgedaag het," het Lani Lombard, M-Net se publisiteitsbeampte gesê.
"Gewoonlik sien 'n mens elke jaar dieselfde ou gesigte, maar hierdie jaar is hier 'n klomp nuwes. En hulle is ernstig, hier's nie vreemde kostuums en so aan nie," het sy gesê.

Teen die tyd dat ek en SARIE-fotograaf Rodger February daar aangekom het, het die opwindingskurwe effens afgeplat.

"Ons wag al 7 ure, ek's lus om op te gee. Ek's al moeg!" het een van die deelnemers van haar laat hoor. Toe ons gevra het watter liedjies hulle gaan sing, het Whitney Houston se Saving all my love, You light up my life en Michael Bublé se Everything opgeduik.

Om Randall en sy span te trotseer ...

Verwante artikels

Galery

  • Nog 'n Idol-deelnemer
  • Die 1000'e deelnemers by die Kaapse oudisies
  • Gelukkige nommer?
  • Lynette, Sean en Danny was onder die hoopvolles
  • Hulle wag al van vanoggend af
  • Idols
  • Idol-deelnemers
  • SARIE-webjoernalis Lou-Ann Stone by deelnemers
  • As die ry te lank word, sit of slaap...
  • Van ons was al moeg gesit...
  • Onthou! Jy mag 'n musiekinstrument gebruik
  • Idols-deelnemers
  • Idols-deelnemers
  • Liezel van der Westhuizen

Kommentaar

Web Development by FormFunction