SARIE se gunsteling-foto's van Anna-Mart
Sy was al meer kere as enigiemand anders op SARIE se voorblad. En altyd het sy gegéé voor die kamera.
Anna-Mart kon net sowel die gesig van ’n skoonheidshuis gewees het. Of SARIE haar nou opgetower het met die glans van ’n Hollywood-ster, haar hare elegant teruggeswiep het of haar met ’n prettige pixie-haarstyl in ’n rok van rose afgeneem het, sy was altyd ’n treffer. Daar was ook die kere dat sy met ’n slanke lyf beeldskoon en selfversekerd vir een van ons vele voorblaaie geposeer het.
In 1996 was Anna-Mart een van die gesigte in David Dodds se kalender Portraits of South Africa’s Beautiful Women. Michélle van Breda, destyds SARIE se skoonheidsredakteur, het haar genomineer en self die stilering gedoen.

AUGUSTUS 2009 (CLINTON LUBBE)

APRIL 2006 (LEANA CLUNIES-ROSS)

JANUARIE 1992 (DAVID DODDS)
Met hare elegant teruggeswiep.

VOORBLAD, NOVEMBER 2004 (LEANA CLUNIES-ROSS)
Prettig met 'n pixie-haarstyl en in 'n rok van rose.

VOORBLAD, SEPTEMBER 2001 (DAVID DODDS)
Slank en vol selfvertroue

JANUARIE 1992 (DAVID DODDS)
Sy kon die gesig van 'n skoonheidshuis gewees het...

Soveel buie, soveel fasette. Anna-Mart kan die grense verskuif vir ‘n fotosessie.
AUGUSTUS 2009 (TINUS MULLER)
Kaalvoet en ongekunsteld

SEPTEMBER 1999 (DAVID DODDS)
Sensueel en moody

NOVEMBER 2004 (LEANA CLUNIES-ROSS)
Uitdagend in ‘n skepping van blare en rosies deur Franz Gräbe en Coenie Hattingh van Franz Gräbe Flower Couture.

AUGUSTUS 2009 (PHYLLIS GREEN)
Of speels, terwyl sy in haar Wellington-stewels die figuurtjie in die Interflora-advertensie namaak.

AUGUSTUS 2007 (LEANA CLUNIES-ROSS)
In 2007 het sy haar hare grys laat uitgroei vir haar rol in Die Twaalfuurwals. En grys vir SARIE se voorblad geposeer – dís nou selfvertroue!

Verwante artikels
-
Anna-Mart raak persoonlik
SARIE - Augustus 2007
Almal weet – Anna-Mart loop nie met haar hart op haar mou nie. Maar teenoor haar jare lange vriendin en mede-akteur Henriëtta Gryffenberg maak sy tog ’n skrefie van haar binneste oop . . .
-
Anna-Mart se gunsteling-wyn
SARIE Julie 2010
-
Anna-Mart van der Merwe se lewenslesse
SARIE - Desember 2009
-
Anna-Mart: Agter die skerms van jou Maart-uitgawe
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 6
Anna-Mart van der Merwe is die voorbladgesig van ons Maart 2010-uitgawe. Sy's is binnekort te sien in doe nuwe Afri-Frans-verhoogstuk saam met SARIE. Hier's 'n kykie agter die skerms van haar voorbladsessie
-
Danie Odendaal (die man agter 7de Laan) wys sy gunsteling-foto's
SARIE - Mei 2010
Hy laat die kollig op ander skyn. Self bly hy liefs agter die kamera en staan skaars onderhoude toe. Spesiaal vir SARIE-lesers het Danie Odendaal ’n uitsondering gemaak en ons tot in die hart van sy 7de Laan geneem.
-
Die sleutel tot Anna-Mart
SARIE - April 2006
Anna-Mart van der Merwe is vars – kraakvars. Sy het styl, is eg, ongekunsteld, ’n voorbladliefling . . . Maar is dit al?
-
Foto's: Agter die skerms saam met ontwerper Simon Rademan
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
-
Julle oor Anna-Mart op facebook
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 1
-
Net vir SARIE: Anna-Mart se flitsverhaal
Die eerste uit 'n reeks flitsverhale wat in die nuwe boek, SARIE 40 Flitsverhale, verskyn. Kyk die volgende paar Maandae uit vir nog groot name soos Koos Kombuis, Amanda Strydom en meer
-
Shaleen Surtie-Richards se lewenslesse en gunstelinge
Shaleen Surtie-Richards het vir Marguerite van Wyk vertel wat haar tien belangrikste lewenslesse is...
-
Só voel Anna-Mart van der Merwe oor SARIE
SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 6
Kuier ook saam met Fanie agter die skerms by Anna-Mart se voorblad-sessie
-
Wat jy nie van Anna-Mart van der Merwe geweet het nie...
SARIE - Julie 2009
Ons gewildste voorbladgesig! Anna-Mart was al meer kere as enigiemand anders op SARIE se voorblad, maar hierdie het ons nie van haar geweet nie





























Kommentaar
Esté Daniel het gesê:
Hierdie vrou, is vrou. Sy is van die mooiste mense wat ek al in my lewe gesien het ( innerlik en uiterlik) In vandag se lewe is daar baie min sterre wat soos sy is. As ek n foto van haar sien kry ek hoenderveis.
18de Jul. 2010, 13:15Jenny Smith het gesê:
Sy lyk mooi in kort of langhare, is sy nie pragtig nie? Altyd so inspirerend om van haar te lees.
23ste Feb. 2010, 16:00Marie Drotsky het gesê:
Ek wil graag meer fotos van Anna-Mart van der Merwe he met haar Pixie-haarstyl in Sarie Nov 2004. Baie dankie Marie Drotsky
16de Feb. 2010, 16:02Tersia Botes het gesê:
ek was al van sonkring se dae "gehook" op anna-mart.het selfs 'n plakboek gemaak met artikels, foto's, verhoogstukke bygewoon, handtekening, alles. bietjie ouer geword en minder tyd vir plakboek gehad.jammer anna-mart gaan nie meer op die strate van jo'burg gesien word nie nou dat sy haar franse haven ontdek het.(skoon jaloers). een ding wat ek wel probeer uitvind.in een uitgawe het sy van 'n skoonheids salon gepraat waar sy gaan vir gesigsbehandelings.as julle dalk weet sal ek dit baie waardeer. groete tersia
16de Feb. 2010, 12:23Marie Steyn het gesê:
Ai, sy is net pragtig, pragtig en stylvol.
14de Feb. 2010, 17:51Sorine Swanepoel het gesê:
Beeldskoon!!!
13de Feb. 2010, 18:15Ethel Lottering het gesê:
Ai, sy is darem pragtig!! Oor al die jare kan mens net die karakter sien wys word met dieper insig wat net die Universiteit van die Lewe jou kan toebedeel!
9de Feb. 2010, 13:44Linda Greeff het gesê:
Sjoe, wat sê 'n mens! So beeldskoon en haar geaardheid beklemtoon net haar skoonheid
9de Feb. 2010, 11:40