Scarlett - almal se liefling
Scarlett Johansson is een van Hollywood se gewildste aktrises, maar sy's ook die eerste keuse van talle top-handelsmerke
Sy is pas aangewys as die gesig van Dolce & Gabbana se eerste grimeerreeks, The Make Up (nie in Suid-Afrika beskikbaar nie). Haar vermoë om soos 'n verkleurmannetjie gemaklik die rol van onskuldige skoonheid én super-sexy verleidster te speel, het haar die eerste keuse gemaak vir dié advertensie-veldtog.
sarie.com het onlangs ook vertel dat Scarlett, as opvolger vir die ewe pragtige Penélope Cruz, die nuwe gesig van die Spaanse modehuis Mango se herfs-winter 2009/’10-reekse is. Die rede vir húl besluit: Scarlett vergestalt die stedelike, onafhanklike en kosmopolitaanse vrou van vandag.
Maar dis nie waar dit eindig nie. Sy is ook die gesig van die gesogte sjampanje-handelsmerk MOËT & CHANDON.
Dit het als begin toe sy in 2004 die nuwe weergawe van Calvin Klein Eternity, Eternity Moment, bemark het. Dié parfuum spog met rekordverkope.
Ook as die gesig van L'Oréal se haarkleur- en grimeerreekse het sy vir 'n toename in verkope gesorg. En in 2007 en 2008 het sy dieselfde gedoen vir Louis Vuitton se handsak- en bykomstighede-reekse. Kan jy glo sy's net 24 jaar oud!
Sy's tans besig met die verfilming van Iron Man 2 met onder meer Robert Downey Jr. en Gwyneth Paltrow.
Verwante artikels
-
Aktrise Diane Kruger - die nuwe gesig van L’Oréal
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Aktrise Diane Kruger is pas aangewys as een van die nuwe gesigte van L’Oréal.
-
Claudia Schiffer praat eksklusief met SARIE
SARIE - November 2009
Haar gesig het al op meer as 500 voorblaaie verskyn. Nou is die Duitse model Claudia Schiffer op 39 die gesig van ’n splinternuwe geur vir D&G.
-
Jennifer Aniston se eie parfuum - kyk die video van die bekendstelling in Harrods
SARIE - April 2010
Hollywood-liefling Jennifer Aniston sal ná 'n skeppingsproses van 20 maande haar eie parfuum, Lolavie, in April 2010 by Harrods in Londen bekendstel.
-
Mode wat die planeet beskerm
SARIE - November 2009
Die ontwerpe van die Ipanema Gisele Bündchen-sandale (vanaf R160) vir somer 2009 is geïnspireer deur die lewensiklus van water.
-
Roosgeure vir die lente
SARIE - Oktober 2009
Eers was daar The One, 'n Oosterse geur van Dolce & Gabbana. Toe volg L’Eau The One, 'n ligter eau de toilette.
-
Scarlett Johansson soos jy haar nog nooit gesien het nie
Scarlett Johansson het vir W Magazine haar lyf model gehou en bekende silwerdoek-ikone uitgebeeld.
-
‘Dié fliek is vir jou, pa Gé’ - Linda Korsten oor Liefling die Movie
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
Liefling, die movie het einde 2010 in SA teaters gedraai. Vir Linda Korsten is dit ekstra spesiaal, want dis ook ’n huldeblyk aan haar pa, Gé Korsten
















Kommentaar
j garner het gesê:
wow sy het beslis die mooist mond op die webwerf
17de Jul. 2009, 14:39