Scarlett Johansson het 'n nuwe sexy bob-haarstyl
Die haarstillis van die Hollywood-celebs, Oribe, het onlangs vir aktrise Scarlett Johansson 'n nuwe meer moderne medium-lengte bob gesny.
Volgens hom is haar kuif tipies Brigitte Bardot en is haar punte oneweredig gesny soos supermodel Christie Turlington destyds in die 90's dit gedra het. Hy het haar haarkleur ook ligter gemaak vir die somermaande.
Die medium-lengte van die snit pas, volgens hom, alle gesigvorme en veltone. Dis die perfekte lengte wanneer die voorpunte amper aan die skouerbeen raak. Onder die ken is té kort! Dis 'n baie veelsydige styl en omdat dit effens langer is, laat dit jou toe om dit op te dra wanneer jy so voel. En die ongelyke punte maak die styl onmiddellik sagter.
Hou jy van haar nuwe styl?
* Lees meer oor haar nuwe haarstyl.
* Probeer verskillende haarstyle op jou foto.
Verwante artikels
-
Bekende akteur stof Clooney uit as wêreld se sexyste man
SARIE - November 2010
Die akteur Ryan Reynolds is 2010 as People-tydskrif se sexyste man ter wêreld gekroon.
-
Elma Postma se nuwe haarstyl
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 20
’n Nuwe seisoen (2010) van Boer soek ’n vrou, ’n sjiek nuwe haarstyl vir die aanbieder, Elma Postma.
-
Natasha Sutherland kry 'n make over. Kyk hoe lyk sy nou!
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 54
In Julie 2010 twiet Natasha: "Bye bye long hair." En die SARIE-span het besluit dat ons daar moet wees wanneer haar lokke grond toe val. Só het die nuwe 'rock chick'-voorkoms stap-vir-stap gebeur.
-
Scarlett Johansson soos jy haar nog nooit gesien het nie
Scarlett Johansson het vir W Magazine haar lyf model gehou en bekende silwerdoek-ikone uitgebeeld.

















Kommentaar
Marlene de Wet het gesê:
Sy is jonk, sy kan dit so dra, maar wat van my, ek soek 'n nuwe bob styl en ek is beslis nie meer jonk nie. (Voel nie so nie, maar is)
14de Aug. 2010, 12:40Marlene van Jaarsveld het gesê:
Klein bietjies te deurmekaar vir Scarlett!
5de Aug. 2010, 03:30