Sex and the City-ster skeer haar hare af

SARIE Februarie 2012

Sex and the City se Miranda Hobbes (gespeel deur Cynthia Nixon), een van TV se bekendste rooikoppe, het haar hare vir 'n nuwe rol afgeskeer

Nixon (45) speel binnekort in die Manhattan-teaterklub se weergawe van Wit. Sy vertolk die rol van 'n literêre professor met 'n kankerstryd.

"Ek't gedink dit is 'n moeitelose haarstyl, maar nou moet ek dit élke dag skeer!" het sy gesê.

"Ek wou nog altyd sien hoe ek met 'n kaalkop sou lyk, en ek hou daarvan. Ek dink ek gaan dit van nou af so dra," het Nixon gesê.

Nixon self het tydens 'n roetine-ondersoek in 2006 'n vroeë vorm van borskanker ontdek. Sy't nie chemoterapie ondergaan nie, maar wel bestraling en sy neem steeds medikasie om dit te probeer voorkom.

Verwante artikels

  • Bekendes se nuwe haarstyle

    Bekendes se nuwe haarstyle

    SARIE Desember 2011

    Dit is die seisoen van verandering in Hollywood, veral as dit by haarstyle kom. Is jy ook lus vir 'n nuwe voorkoms?

  • Michelle Williams se nuwe rooi kapsel

    Michelle Williams se nuwe rooi kapsel

    SARIE Januarie 2012

    Daar word gewoonlik gesê dat blondines meer pret het, maar die aktrise Michelle Williams het besluit om haar blonde hare na ’n koperkleurige rooi te kleur!

Kommentaar

  • 'n Pixie styl vereis 'n Pixie -gesiggie..... hartvormig met fyn beenstruktuur, 'n fyn neusie.. Baie min vroue kan daarmee wegkom, veral as swaartekrag begin inskop!

    6de Feb. 2012, 10:25