Simon Rademan se Beste en Swakste geklee vir 2010
Foto’s: verskaf Galery
Simon Rademan maak sy lysie van al ons mooi mense - wie die beste en wie die swakste in 2010 aangetrek het!
Dié bekende SA mode-ontwerper en stilis se nuutste lysie het egter 'n kinkel: Die Top 10-kandidate word ook in die vorm van ’n realiteitsreeks bekendgemaak.
Die reeks handel oor "die ongelooflike pad wat die lys moes loop, hoe sensitief die beginsel daarvan in die begin was en hoe dit ’n gesogte en uitgesoekte lys geword het na 10 jaar van baie harde werk,'' sê Rademan. Hy vertel ook dat die formaliteite in die reeks op presies dieselfde manier verloop as wat dit nog altyd het, maar nou net met die gebruik van kameras om die aksie af te neem.
Die lys word soos volg saamgestel: Die publiek benoem soveel kandidate as wat hulle wil. Dan word die 50 bestes gekies (dit is gewoonlik die kandidate wat sewe of meer benoemings gekry het) en op ’n kortlys geplaas. Dit is baie belangrik dat slegs foto's gebruik mag word waar die benoemde bewus was van die kamera. Steel-foto's is dus uit.
"Wanneer jy weet die kamera is daar, is jy mos gereed, en sê jy mos vir die wêreld dat jy gereed is. Dit is wanneer enigeen geoordeel word, selfs ek," sê Rademan.
Nadat die kortlys bekend gemaak is, word weer gestem tot daar slegs tien oor is op elke lys. Elke kandidaat loods dan sy eie veldtog om stemme te werf. Die stemme bepaal dan wie waar op die lys beland. Die reeks sal hopelik, indien alles volgens plan verloop in Oktober, November en Desember gesien kan word.
Simon se mode-reëls is eenvoudig:
1) Trek aan volgens jou ouderdom.
2) Trek aan volgens jou figuur.
3) Trek aan volgens die geleentheid waarheen jy op pad is. Hy voeg by dat selfrespek, respek vir ander, goeie maniere en ’n goeie balans pluspunte is.
Besoek gerus simonrademan.co.za om die Top 10-lyste te sien.
Verwante artikels
-
Foto's: Agter die skerms saam met ontwerper Simon Rademan
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 1
-
Simon Rademan - Die rolprent wat my inspireer
SARIE - Januarie 2011
-
Simon Rademan vier 21 jaar in die modebedryf
SARIE Maart 2010
Simon Rademan vier vanjaar sy 21 ste jaar in die modebedryf met 'n reeks genaamd Papillion 2010.

















Kommentaar