Skink 'n glasie van sangeres Nádine se eie wyn
Foto’s: Frank de Mulder Galery
"Nou kyk, as 'n mooi meisie soos Nádine vir jou kom vra sy wil haar eie wyn hê, kan 'n mens mos nie nee sê nie," skerts Jan 'Ponk' van Zyl, een van die eienaars van Fryer's Cove-wyne.
"Nee," sê hy, "ek en Nádine ken mekaar al lank, en dit was nog altyd haar droom om haar eie wyn te hê. Toe't ons as 'n verrassing vir haar by die Rittelfees eenjaar 'n paar bottels met haar handelsmerk laat lable. Sy was baie ingenome, en so't die storie nou maar begin."
Fryer's Cove-wyne is 'n landgoed van 6 hektaar aan die Weskus, naby Strandfontein.
By elke Nádine-show, waar moontlik, kan jy 'n bottel Nádine/Fryer's Cove-wyn wen. Of, nog beter, jy kan sommer 'n bestelling plaas en Jan sal sorg dat dit by jou afgelewer word.
"Ons lable die Bay to Bay-reeks (sauvignon blanc) en die Bamboes Bay merlot vir haar," sê Jan.
En wat van Nádine se oorsese mark?
"Ek het met haar bestuurder in Europa gesels, en hy's baie opgewonde oor die idee. So wanneer hulle weer 'n groot launch daar oorkant gaan hou, stuur ons beslis wyn saam."
![]() |
![]() |
Verwante artikels
-
Anna-Mart se gunsteling-wyn
SARIE Julie 2010
-
Kyk! Nádine sing lewendig op Nederlandse radio
SARIE Julie 2010
SA sangeres Nádine is deesdae baie in die buiteland, so ook haar musiek. In 2009 was sy vir sowat die helfte van die jaar in Europa, en het sy konsertoptredes in Nieu-Seeland gegee.
-
Nádine lok 3,5 miljoen kykers in Duitsland
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Die SA sangeres Nádine het op Disdag 22 Junie elke Suid-Afrikaner se hart trots gemaak toe sy op Fernsehgarten, 'n program op Duitsland se openbare uitsaaier ZDF, haar nuwe treffer, "Made Up My Mind", voor 'n kykertal van sowat 3,5 miljoen gesing het.
-
Nádine wen gesogte internasionale prys
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Die sangeres Nádine is die eerste Suid-Afrikaner in die geskiedenis wat eerste plek by die World Peace Song Festival verower het met haar liedjie "This Time I Know It's For Real".





















Kommentaar