Só lyk Anri van der Linde (Rina Hugo se dogter) se nuwe babadogtertjie
Klein Annabel van der Linde, Anri en Etienne van der Linde, is in Mei 2010 gebore.
Anri geniet elke oomblik so tussen die harde werk en die min slaap deur. Boetie Enzo pas baie goed aan by die koms van sy baba sussie, hoewel Anri aan die begin skuldig gevoel het dat Enzo nou sy tyd met Annabel moet deel (soos enige Ma maar voel wanneer die tweede baba daar is!).
"Ek voel meer as ooit soos ‘n MA – weet nie hoekom nie, maar dis asof ek nou regtig voel dié is my 2 kiddies, dis ons gesin en ek kan nie wag vir alles wat vir ons voorlê nie. Ek dink dis omdat ek en Etienne nog altyd net 2 kinders wou gehad het en ek voel nou ‘n closure. Ná Enzo het ek heeltyd geweet daar moet nog enetjie bykom.
So ja, ek lyk en voel soos ‘n "sleep deprived zombie", maar darem ‘n baie happy een!!"
Geluk van SARIE, Anri!
Só lyk Annabel:

En boetie Enzo:

Verwante artikels
-
Aletté-Johanni se projek 64... en ander glans-ma's se dieetgeheime
SARIE - Januarie 2011
Aletté-Johanni Winckler het weekliks oor haar worstelpad terug na haar teikengewig ná haar eersteling. Sy en nog bekendes gee raad – en ’n kenner gee ’n eetplan vir nuwema’s wat veg teen daardie ekstra kilo’s.
-
Anri (van Rensburg) van der Linde se baba amper hier - foto's
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Model, ma, sakevrou en voorbladgesig van SARIE GESOND 2010, Anri van der Linde, se tweede baba is op pad.
-
Anri van der Linde (Rina Hugo se dogter) wys haar gunsteling-foto's
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
-
Anri van der Linde oor gesond eet, drink en oefen
SARIE - Mei 2010
Hoe bly jy koelkop mooi met 'n eie sake-onderneming, 'n woelige kleinding en 'n renjaer-man? Anri van der Linde, wie se tweede baba amper gebore word, deel haar lewensfilosofie
-
Anri van der Linde se skoonheidswenke
SARIE - Oktober 2009
Só bly Anri mooi.
-
Anri van der Linde: Agter die skerms
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 1
Sy bekommer haar nie oor haar gewig of ydele kwessies nie. Reeds as jong model in SA en oorsee het Anri van der Linde vrede gemaak met die voorkoms wat aan haar uitgedeel is.
-
Voorbladgesig, Anri van der Linde, antwoord lesers se vrae en wys familiefoto's
SARIE - Januarie 2011
Sy was een van SA se top-modelle. Ook oorsee was sy ’n ster. Dit was goeie tye, maar nou is daar nuwe drome. 'n Paar lesers het haar vrae gevra en sy deel ook van haar gunstelingfoto's.



















Kommentaar
Sonja van der Merwe het gesê:
Baie geluk Anri ! Ek is seker Ouma Rina is baie trots!Julle is pragtig!
2de Sep. 2010, 21:52Anri van der Linde het gesê:
Dankie vir al die goeie wense! Ons geniet albei kinders vreeslik en is net so dankbaar dat God ons geseën het met ons twee 'engelkinders' ! Liefde, Anri x
28ste Jul. 2010, 11:51MARTHIE COTHILL het gesê:
baie baie geluk sy is pragtig die mooiste blou oe soos see poele net so mooi soos haar moeder, geniet haar sy is pragtig en so ook haar boetjie jy word pragtiger en mag dit so wees dat sy ook so mooi sing en so mooi model soos haar moeder en legendariese ouma dankie sarie om dit te deel....
28ste Jul. 2010, 07:53Sandra van Rooyen het gesê:
Hoop sy bied julle net vreugde en genot. Geniet maar Boetie ook aangesien hy eerste daar was. Baie Geluk.
26ste Jul. 2010, 15:07Christelle van Staden het gesê:
Baie geluk julle. Full circle nou! Dis heerlike tye! Alles van die beste!
26ste Jul. 2010, 12:11bessie v d walt het gesê:
sy is so pragtig, dink nogal sy gaan eendag biki na ouma Rina lyk en dalk ook sing? lol
24ste Jul. 2010, 21:00Engela de Wit het gesê:
Baie geluk nog n wonderwerk van God pas haar mooi op, boetie is net so pragtig....................
23ste Jul. 2010, 21:09heila het gesê:
baie geluk aan julle!!
23ste Jul. 2010, 19:15Gerda het gesê:
Te pragtig vir woorde! En boeta net so pragtig.
23ste Jul. 2010, 16:19luzanne smith het gesê:
ag moeder, syt haar ma se mond en neus! pragtige dingetjie, baie geluk!
23ste Jul. 2010, 15:35