Só lyk Jessica Simpson se leesboeklys - Desmond Tutu se boek is ook daar!
Hollywood-aktrise Jessica Simpson het 'n lekker leeslys vir haar Kindle aangeskaf, wat sy hierdie somer gaan lees.
Vir ons hier in Suid-Afrika het die leesseisoen so saam met die koue winterdae aangebreek, en wat's dan nou lekkerder as om met 'n boek in die bed te lê?
Só lyk Jessica se leeslys:
Shantaram deur Gregory David Roberts.
How to Cook Everything deur Mark Bittman. (Volgens Jessica se suster is sy 'n wonderlike kok.)
The Best Kind of Different deur Shonda Schilling. (Basketbalspeler Curt Schilling se vrou vertel hoe sy hul Asperger-seun grootgemaak het.)
Deception deur Jonathan Kellerman.
The Whole Truth deur David Baldacci.
Made for Goodness deur Desmond Tutu. ('n Religieuse boek oor die menslike natuur deur ons eie Nobel-vredespryswenner.)
The Power of Now deur Eckhardt Tolle.
Alle Paulo Coelho-boeke.
(Bron: www.people.com)
Wat's op jou winterleeslysie?
Verwante artikels
-
5 Boekminute met Jak de Priester
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 2
Die liedjieskrywer, digter, sanger en storieverteller se boek Brood het onlangs verskyn.
-
Boekdinge - April 2010
SARIE - April 2010
Lees oor die lot van die bobbejane in Kommetjie. Verder is daar spanning, liefde en intrige.
-
Die boek wat my verander het - Ontbytsake-aanbieder, Carla van Niekerk
SARIE Maart 2010
-
Eksklusiewe uittreksel uit Steve Hofmeyr se nuwe boek: Vier briewe vir Jan Ellis
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
Steve Hofmeyr se nuwe boek Vier Briewe vir Jan Ellis het pas verskyn. Lees 'n eksklusiewe uittreksel op sarie.com
-
Jessica Simpson kies gewone vroue as modelle vir haar nuwe klerereeks
SARIE September 2010
Ons word elke dag gebombardeer met foto's van modelle en celebs wat "opgeknap" is. En hul grootte is NUL. (Is "nul" ooit 'n klere-grootte?)
-
Voorsmakie uit Onder Ewige Vlerke, Izak de Villiers se laaste boek.
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
Hier is ‘n spesiale voorsmakie vir sarie.com-lesers uit die laaste boek uit Izak de Villiers se pen.














Kommentaar