Só lyk Sandra Bullock se aanneembaba, Louis
2010 was haar grootste, maar sekerlik ook haar seerste jaar. Sandra Bullock het haar eerste Oscar gewen, maar intussen het haar huwelik met Jesse James verbrokkel.
Maar die grootste, gelukkigste geheim wat sy vanjaar gehou het, is die aanneming van die drie en 'n half maande oue Louis uit New Orleans.
"Hy's perfek, daar's nie ander woorde om hom te beskryf nie," sê Bullock in die nuutste uitgawe van People-tydskrif. Sy is nou die trotse ma van Louis Bardo Bullock. "Dis asof hy nog altyd deel van ons lewens was."
Bullock en James het vier jaar gelede die aannemingsproses aan die gang gesit, maar besluit om dit geheim te hou tot ná die Oscars. En slegs 10 dae daarna het James se ontrouheid aan die lig gekom . . . Sandra finaliseer nou die aanneming as enkelouer.
Bron: www.people.com
Verwante artikels
-
Almal wil soos Sandra Bullock lyk!
SARIE - Februarie 2010
Volgens 'n berig in die Wall Street Journal het Sandra Bullock die mees inspirerende rooitapyt-styl.
-
Hoekom ouers en aangenome kinders mekaar wil soek
SARIE - November 2010
-
My aanneemkind: "'n Geskenk uit die hemel"
SARIE Julie 2010
Hennie en Doré hoor dikwels hoe gelukkig hul seuntjie is om hulle as aanneemouers te hê. Maar hùlle is die dankbares. Die kleinman was immers bedoel om deel van hul driemanskap te wees.
-
Sandra Bullock is Vrou van die Jaar
SARIE - Desember 2010
Sandra Bullock is deur People Magazine aangewys as Vrou van die jaar.
-
Sandra Bullock: "In my 40's lewe ek soos ék wil"
SARIE Maart 2010
Sandra Bullock is pas met die Oscar as beste aktrise vir haar rol in The Blind Side bekroon. Ná sy haar in haar 20's oor als bekommer het en deur haar 30's gewerk het, lewe sy op haar manier in haar 40's.
-
Wat het Oprah, Meryl Streep en Sandra Bullock in gemeen?
SARIE - November 2010
Daar's nog nie sprake van draaiboek nie, maar Meryl Streep, Oprah Winfrey en Sandra Bullock het reeds ingestem om in Michael Patrick King (skrywer/regisseur van Sex and the City) se nuutste (nog naamlose) fliek te speel, berig www.slashfilm.com.


















Kommentaar