Só lyk top-modelle sonder grimering
Foto’s: Peter Lindbergh / Harper's Bazaar Galery
Hulle is beeldskoon: vlekkelose vel, mooi wangbene, donker oë en volronde lippe. Hulle is top-modelle, en daar's 'n rede waarom hulle op al wat 'n loopplank is, pronk.
Maar het jy al ooit gewonder hoe hulle sonder die hulp van die poeierkwas lyk? Wel, Harper's Bazaar het gaan uitvind. Agt top-modelle het sonder 'n sweempie grimering voor Peter Lindbergh se lens verskyn.
Klik op Harpers' Bazaar se webtuiste om te sien hoe Amber Valletta, Shalom Harlow, Kristen McMenamy, Helena Christensen, Nadja Auermann, Cindy Crawford, Claudia Schiffer en Tatjana Patitz lyk voor hulle saans gaan slaap.
Voormalige mej. SA, Claudia Henkel, se skoonheidsgeheime.
Verwante artikels
-
5 grimeerwenke om te onthou
SARIE - Augustus 2009
Aliki Price, handelsmerkwoordvoerder vir Estée Lauder, deel 5 van haar grimering-pêrels vir droomvel.
-
Die beste modelle van alle tye
SARIE - Desember 2009
Die glanstydskrif Harper's Bazaar het die beste modelle van alle tye geïdentifiseer.
-
Haar-dilemmas? Hier's raad vir alle haartipes
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 5
Dink klassieke Hollywood vir jou somerhare - 50's-style is weer nuut!
-
Kate Moss - 20 jaar 'n supermodel
SARIE - Februarie 2010
Kate Moss - 'n super-supermodel (al vir 62% van haar lewe!). Tog het sy besluit om nooit 'n filmster, rock-ster of die presidentsvrou te word nie.
-
Model en gewese Mej. SA Claudia Henkel verklap
SARIE - September 2009
Wat is haar skoonheidsgeheime?
-
Raai watter Binnelanders-akteur hou sy lyf model by 2010-Afrika-modeweek?
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Nou, ja! Wie sou kon raai...?
-
SA-modelle in die fliek, Spud
SARIE Maart 2010
Dis 'n mooi affêre hierdie - dis nou die vroulike rolverdeling vir die fliek van die topverkoper-roman deur John van de Ruit, Spud. Nuus24 berig dat drie plaaslike modelle die drie vroulike hoofrolle in die rolprent losgeslaan het: Charlbi Dean Kriek, Alex McGregor en Tanit Phoenix.
-
Satyn-lippe en 'n vel wat gloei
SARIE - Desember 2009
"Sterk bessie- en selfs sitruskleurige lippe is groot nuus hierdie somer," sê grimeerkunstenaar Liz van der Merwe.
















Kommentaar
Ansie het gesê:
'n Vrou is haarself en op haar mooiste sonder grimering - natuurlik kan ons nie daarsonder in die openbaar nie, maar wat die topmodelle aanbetref, ek dink dit is werklik soms vir hul verligting dat hul slegs hulself kan wees en ook normaal kan voel soos enige ander vrou.....en alhoewel hul nog steeds pragtig is op hierdie "naakte" manier - is dit dalk die enigste manier van ervaring om dalk weer as haar "ma se kind" te voel en nie as die topmodel van die wêreld nie!
26ste Aug. 2010, 11:44