Spud se skrywer het 'n tsoenami oorleef

Deur Zena le Roux, SARIE - Desember 2010

Spud se skrywer het 'n tsoenami oorleef Foto’s: Trevor Crighton Galery

John van de Ruit oorleef tsoenami, nou bring 'Spud' miljoene in.

John van de Ruit, die skrywer van die suksesvolle Spud-boeke (en ook die onlangse fliek), skryf nie net goeie boeke nie, maar het ook in 2004 die tsoenami-ramp in Thailand oorleef. Só berig British Airways se vlug-tydskrif, Horizons.

Volgens die November-uitgawe het Van de Ruit Thailand in 2004 besoek. Hy en ’n vriend het gegaan om die vakansie van hul lewens te hê. Hulle het al die eilande in die omgewing verken. Die dae was lank en vol opwinding.

Maar op 26 Desember het als verander. Van de Ruit was op 'n klein eilandjie genaamd Koh Muk. Hy en sy vriend was besig om rustig koffie te drink toe hulle sien dat die see begin terugtrek. Skielik het hulle idiliese vakansie in 'n grootskaalse drama verander. Reusagtige golwe het begin inrol. Baie toeriste op die eiland het gevlug na ’n hoër, veiliger hawe, maar ’n paar waaghalse het onder op die strand gebly. Van de Ruit was een van hulle. Volgens www.hartford.co.za het Van de Ruit die tsoenami bewonder en het hy gedink dat dit ’n natuurwonder was.

Gelukkig het Van de Ruit dit oorleef.

Spud, die fliek, oortref

Volgens Rory Tyson, die nasionale verkoopsbestuurder van Nu Metro Films (lees meer hiervan op timeslive.co.za) het meer as 66 000 mense op Saterdag 4 Desember reeds die film gesien. Volgens Tyson het 'Spud' reeds meer as R2 miljoen tot op hede ingebring. "Die film het baie, baie goed gedoen. Dit het alle verwagtinge oortref en is omtrent 50% groter as wat ons verwag het dit gaan wees," sê Tyson.

Kyk die voorprent van Spud, the movie
 

Verwante artikels

  • SA-modelle in die fliek, Spud

    SA-modelle in die fliek, Spud

    SARIE Maart 2010

    Dis 'n mooi affêre hierdie - dis nou die vroulike rolverdeling vir die fliek van die topverkoper-roman deur John van de Ruit, Spud. Nuus24 berig dat drie plaaslike modelle die drie vroulike hoofrolle in die rolprent losgeslaan het: Charlbi Dean Kriek, Alex McGregor en Tanit Phoenix.

  • Spud maak sy buiging op Facebook

    SARIE - Maart 2009

    Kuier nou saam met Spud op Facebook!

Kommentaar

Web Development by FormFunction