Steve Hofmeyr en sy seun maak geskiedenis
Nuus24 berig dat in Junie 2010, vir die eerste keer in die bestaan van die amptelike weeklikse lys van top-20-CD-verkopers in die land, is ’n pa en sy seun saam op die lys met verskillende CD’s.
"Ons maak geskiedenis. Ek's trots. Well done Armand!" Só het Steve pas op sy Twitterblad gesê.
Steve Hofmeyr se jongste CD, “Duisend en een”, is reeds 12 weke op die lys van topverkopers en dit het al selfs die eerste posisie beklee. Vandeesweek beklee dié CD die sesde plek.
Hofmeyr se seun, Armand Hofmeyr, se debuut-CD is omtrent ses weke ná sy pa s’n uitgereik. Dit het gister sy verskyning op dié lys gemaak in die 20ste plek. Die CD se titel is “Foto’s en briewe”.

Lees die volle berig op Nuus24.
* Kuier agter die skerms op Steve se nuutste musiekvideo en kyk ook Armand se demo DVD.
Verwante artikels
-
Eksklusiewe uittreksel uit Steve Hofmeyr se nuwe boek: Vier briewe vir Jan Ellis
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 5
Steve Hofmeyr se nuwe boek Vier Briewe vir Jan Ellis het pas verskyn. Lees 'n eksklusiewe uittreksel op sarie.com
-
Steve en sy seun Armand saam in konsert + kom kuier agter nuwe musiekVIDEO-skerms
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 4
Steve se nuutste CD, Duisend en een, het reeds platinumstatus bereik. Armand, wie se debuutalbum, Foto's en briewe, pas verskyn het, gaan die voorprogram vir Steve se vertoning lewer.
-
Steve Hofmeyr blog oor Liefling die movie
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Steve Hofmeyr het onlangs op sy blog oor Liefling, die movie geskryf:
-
Steve Hofmeyr oor Nádine
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
"Ek het die liedjie 'Kaapse draai' vir Nádine gegee om te sing," vertel Steve.
-
Steve oor Bakkies en daai kopstamp
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 1
-
Wat maak Hanna Grobler aan Steve se sy?
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
2011 gaan ’n gróót jaar wees vir die Afrikaanse fliekbedryf. En hoe dan anders as Sean Else en Deon Opperman koppe bymekaar sit?


















Kommentaar
Thea het gesê:
Ek dink jul albei is great. Armand jou body language op die foto is nie 'oop'nie. Jy kan baie hiervan by Steve leer.
6de Aug. 2010, 08:00Armand hofmeyr het gesê:
Thanx vir almal wat antwoord op dit, baie nice van julle. Armand hofmeyr'
4de Aug. 2010, 01:14Madeleine het gesê:
Dankie vir die waarheid!!!
28ste Jul. 2010, 12:30heila het gesê:
Beslis pa se seun daardie!! Gaan sy cd koop - het dit geluister op die web en dis n treffer...
28ste Jul. 2010, 08:44Annelize het gesê:
Jong dit is darem 2 van suid afrika se aantreklikste manne die, en hulle musiek is uit die boonste rakke, Steve en Armant hou so aan julle rock.
27ste Jul. 2010, 20:43Susan het gesê:
Steve sal altyd baie sexy bly
27ste Jul. 2010, 16:27