Steve Hofmeyr skryf 'n nuwe boek

SARIE - Februarie 2010

Met Vier Briewe vir Jan Ellis debuteer Steve Hofmeyr as prosaskrywer. Sy nuwe boek is in April 2010 by KKNK bekendgestel.

Ná Steve Hofmeyr se topverkoper-biografie, Mense van my asem, volg Vier Briewe vir Jan Ellis (Zebra Press, Struik, R120), 'n verhaal wat hom aan die Weskus van Suid-Afrika afspeel. Die boek getuig volgens die uitgewers van Steve se "kennis van sy grond, sy land en sy mense." Dié "kragtige" verhaal word in enkele bladsye vertel wanneer 'n onskuldige posbode weens 'n sameloop van omstandighede in groot moeilikheid beland. Die karakters staan magteloos voor kerkleiers, die regstelsel en 'n gemeenskap wat hulpeloses soms in die steek laat.

Só sê die uitgewers:

"Vier Briewe vir Jan Ellis, 'n boek oor 'n doodgewone spreekwoordelike "klein" mannetjie spreek grootse kwessies aan sonder dat 'n "boodskap" op die leser afgedwing word. Die taal is getrou aan dié wat gepraat word op Jacobsbaai en Diazville, kusdorpe aan die Weskus wat die skrywer na aan die hart lê."

Die boek word in April vanjaar by die KKNK bekendgestel.

Vier briewe vir Jan Ellis - Steve Hofmeyr

Verwante artikels

Galery

  • Vier briewe vir Jan Ellis - Steve Hofmeyr
  • Steve Hofmeyr

Kommentaar

  • Die skitterend geskrewe artikel oor Steve het bevestig wat ek lank reeds vermoed. Steve is 'n hoogs intelligente en diep kêrel. Hy kan skryf, goed skryf en kan beslis daaruit 'n goeie lewe maak as hy wil. Dan kan hy die Huisgenoot maar vir Kurt los. Ek is nie 'n leser van Sarie nie, nog nie. Maar kry Steve om julle agterblad te skryf en ek voorspel ons gaan met die verloop van tyd juwele te lese kry, en ek word 'n gereelde leser.

    13de Apr. 2010, 22:41
  • eks mal oor stve hofmeyr. jul kan gerus meer fotos en artikels van hom plaas. hy is een van ons beste en sexieste sangers ooit. niemend kom naby hom. ek was net 15 toe ek na sy musiek begin luister het. en sal tot ek 80 is. sarie is n puik tydskrif!!!!!!!!!!! steve hofmeyr bo!!!!!!!!!!!!!

    13de Mar. 2010, 14:57
  • Ek dink Steve is tops. Soos die Here gese het die een wat sonder sonde is, gooi die eerste klip. Steve erken sy foute soos 'n man. Wanneer gaan Huisgenoot sy nonsens laat staan en Steve weer terugbring na die skouspel. Baie van ons voel dieselfde, die skouspel is net nie dieselfde sonder Steve nie. Hou so aan Steve, veg vir Afrikaans soos wat jy altyd doen, ek is trots op jou

    12de Mar. 2010, 13:09
  • Kan nie wat vir Steve se nuwe boek nie, is trotse eienaar van sy digbundel en biografie. Met of sonder foute (en het ons almal nie), ek bly 'n groot Steve aanhanger!!

    18de Feb. 2010, 14:26
  • Ek kan nie wag nie. Steve het sy foute, maar wie is ek om ander te bly oordeel.

    17de Feb. 2010, 21:50

Web Development by FormFunction