Gee hom 'n roos - Steve kry sy eie

Deur Phyllis Green, SARIE - Oktober 2009

Gee hom 'n roos - Steve kry sy eie Foto’s: Phyllis Green en verskaf Galery

Steve Hofmeyr het Saterdag 10 Oktober 2009 sy eie roos ontvang. Die roos is spesiaal deur Ronald de Leeuw gekweek en by Plant Paradise Garden Centre in Moreletta Park aan Steve oorhandig.

Ronald, van Leeuw's Garden Roses, het gesê hulle het die roos gekweek omdat hulle Steve wou eer vir sy besondere bydrae tot Afrikaanse musiek deur die jare, en vir wat hy steeds vir Afrikaans doen.

Steve het op sy beurt in besonder die vroue in sy lewe bedank wat hom deur moeilike jare gehelp het. Veral sy ma, Carien: "Wanneer ek seerkry, is daar een mens wat seerder kry. Wanneer ek gelukkig is, is daar een mens wat ekstaties is. Deur alles is sy my anker - my Ma."

En dan sy vriendin Suné en die vroue by sy kantoor: Leeza Mulder, Amanda Breedt, Lindi du Preez, René Duvenage en Amanda Singleton. Hy het ook gesê as daar een klomp mense is vir wie hy 'n roos skuld, is dit sy groep. Hulle is die mense wat hom staande gehou het.

Op die roos self is hy trots. Hy hou van die diepte en die skakering daarvan. Alhoewel hy nou nie self tuin maak nie, sal hy beslis 'n hele klomp van die rose  rondom sy huis aanplant. Maar buite bereik van sy takbok, Bok, en sy skaap, Blêr!

Verwante artikels

Galery

  • Ronald de Leeuw, Carien en Steve Hofmeyr
  • Steve se roos
  • Steve se roos-uitstalling
  • Ronald de Leeuw en Steve
  • Steve en Andries Botha het opgetree

Kommentaar

  • los die man uit vir n slag. Ek hoop dat hy en sy vrou tot n vergelyking sal kom vir die kinders se onthalwe. hou op om die splinter in ander se oe te kyk en kyk na die boom in jou oe.

    30ste Mar. 2010, 11:27
  • Ag nee regtig - om 'n roos na Steve te vernoem is belaglik. Ja - vir Afrikaans het hy sekerlik baie gedoen, maar ek kan nie 'n roos met Steve vereenselwig nie. Die dorings wel.......

    14de Okt. 2009, 12:48

Web Development by FormFunction