Suid-Afrikaners by die Cannes-filmfees
Bekende rolprentvervaardiger Anant Singh en die hoofbestuurder van die nuwe Cape Town Film Studios, Nico Dekker, is by die Cannes-filmfees in Frankryk om die opwindende nuwe Kaapstadse rolprentateljee daar bekend te stel.
Suid-Afrika is deesdae groot nuus in Hollywood, met regisseur Clint Eastwood wat die fliek The Human Factor (met Matt Damon en Morgan Freeman) oor Suid-Afrika se 1995-Wêreldbeker-oorwinning in die land skiet. The Bang Bang Club met akteur Ryan Phillippe, Reese Witherspoon se eks-man, is nog 'n projek wat nou in produksie is. Regisseur Gavin Hood, die Oscar-bekroonde Suid-Afrikaanse regisseur van Tsotsi, se mees onlangse fliek, X-Men Origins: Wolverine, het pas in die plaaslike fliekteaters begin draai.
Dié rolprent-ateljee in Hollywood-styl open in Maart 2010.
Verwante artikels
-
Die fliek Invictus: Madiba magic vir Hollywood
SARIE - Mei 2009 | Kommentaar: 1
Wie kan die gloriedag in 1995 vergeet toe François Pienaar die Wêreld-beker bo sy koplig ná die Bokke se oorwinning oor die All Blacks?
-
SA aktrise oorrompel Cannes - en sy's net 13!
SARIE - Mei 2010
Khomotso Manyana (13) van Groblersdal het gister 'n uitgesoekte gehoor by die Cannes-filmfees op hul voete gehad vir 'n staande ovasie vir haar rol in Life, Above All, berig www.timeslive.co.za.

















Kry jou SARIE oral, enige tyd