Susanna van Biljon-fliek met klomp Afrikaanse sterre - nuwe foto's!
Susanna van Biljon, 'n Franz Marx-film, is die storie van 'n meisie iewers tussen êrens en nêrens.
Dis 'n Susan Boyle-tipe verhaal wat in Suid-Afrika afspeel. Susanna van Biljon (gespeel deur Karen Zoid), is 'n 40-jarige oujongnooi wat steeds by haar ma in die huis bly, maar wie se grootste droom dit is om eendag te sing.
Nico Panagio, Karen Zoid, Kurt Darren, Shaleen Surtie-Richards, Anna Davel, Nicholis Louw, Wilna Snyman en 'n rits ander bekendes is te sien in hierdie nuwe Afrikaanse komedie-drama.
Vir nog nuwe Afrikaanse flieks - Klik om te sien wat wag op jou!
Kuier agter die skerms by Susanna van Biljon...
Klik op die galery hieronder.
Verwante artikels
-
Afrikaanse fliek, Bakgat 2 - hier's 'n voorskou!
SARIE Augustus 2010
Die Afrikaanse film Bakgat was 'n treffer onder kykers!
-
Agter die skerms by fliek van Marita se boek: Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 7
sarie.com kuier agter die skerms by Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom, 'n tienerfliek wat gegrond is op Marita van der Vyver se gelyknamige boek.
-
Corine du Toit, Vicky Davis in bekroonde kunsfliek met Holllywood-regisseur - VIDEO en foto's
SARIE Augustus 2010
Corine du Toit (Jane in Egoli), Pasella-aanbieder Vicky Davis, en komediant Cokey Falkow speel in Florida Road, die bekroonde kunsfliek wat handel oor 'n Indiese familie wat hul tuisdorp, Moembaai, verlaat vir 'n beter lewe in Durban.
-
EKSKLUSIEF: Musiekvideo van Karen Zoid: Bly by my!
SARIE - Oktober 2010
Kamera, ligte, aksie: Hier's Karen Zoid se Bly by my-musiekvideo, die eerste enkelsnit van haar nuwe album, Terms and Conditions - 'n hele week voordat dit op TV te siene is.
-
Fanie Cronjé gaan kyk die Egoli-fliek: "Dit is nie 'n episode van Egoli nie, so kry jou kop reg"
SARIE - Junie 2010
Dit was Sondagaand die premiere van Franz Marx se film, Egoli: Afrikaners is Plesierig.
-
Fliek oor Saartjie Baartman by gesogte filmfees
SARIE September 2010
Vénus Noire, 'n Franse film oor Saartjie Baartman se lewe, is op die lys van gevierde films by 2010 se Venice Film Festival in Venesië, Italië.
-
Foto's: Karen Zoid vier 10 jaar op die verhoog!
SARIE Julie 2011 | Kommentaar: 2
Ons onthou haar as die meisie wat met Voortrekker-kappies op die verhoog verskyn het en regtig nie omgegee het wat enigiemand dink nie. Sy het tussen harde rock en sagte ballades Suid-Afrikaners se harte gewen, en nou is dit al tien jaar later! Die Afrikaanse rocker Karen Zoid vier haar dekade in die musiekbedryf met 'n toer genaamd Afrikaners is plesierig. Hier is foto's van haar hoogtepunte deur die jare.
-
James Bond is Mikael Blomkvist in nuwe Larsson-fliek
SARIE Augustus 2010
Vuurwarm nuus! Daniel Craig (42) is gekies om die rol van die joernalis Mikael Blomkvist in die Amerikaanse weergawe van die topverkoper Stieg Larsson-boek The Girl with the Dragon Tattoo te vertolk, berig Entertainment Weekly se webtuiste.
-
Nuwe Getroud met rugby-fliek!
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Kuier agter die skerms van dié fliek oor die rugbyspan, die Stryders.






































Kommentaar
Mariette Keyter het gesê:
Tans word geadverteer dat die DVD nou beskikbaar is om te koop. Ek het self nog nie die fliek gesien nie, maar ek hou van die voorskou. Daar is 'n baie oulike storie en tema - naamlik volg jou droom. Ek sou graag die fliek wil gebruik vir 'n filmstudie vir 'n Gr 8 - 9 Afrikaanse klas. Enige iemand met voorstelle?
28ste Des. 2010, 23:15