The Great South African Sex Survey gee die feite
Health24 het weer die resulte van hul jaarlikse Great South African Sex Survey bekendgemaak. Meer as 10 000 mense ouer as 20 wat meer as R2 500 per maand verdien met die minimum-kwalifikasie van matriek het deelgeneem. Dit verteenwoordig sowat 1.3 miljoen Suid-Afrikaners.
Hier's 'n paar interessante bevindings:
Slegs 49% van vroue wat deelgeneem het, inisieer gereeld seks, teenoor 72% mans.
17% van die mans het gesê hulle het die eerste keer seks gehad toe hulle jonger as 16 was, teenoor 14% van die vroue.
'n Allemintige 27% van vroue oor 50 het gesê hulle het die eerste keer seks voor die ouderdom van 16 gehad. Teenoor slegs 13% van vroue onder 30.
Slegs 23% van SAners wat hieraan deelgeneem het, glo dat veelwywery gewettig moet word.
Om die hele meningsopname te lees, klik by Health24.com
Verwante artikels
-
Betaal vir seks?
Die beweerde seksvideo met oud-Springbok Joost van der Westhuizen het die land aan die gons gehad. SARIE het by Health24, wat onlangs hul jaarlikse Great South African Sex Survey bekend gestel het, gaan kers opsteek.
-
Dr Eve-dilemma: Hoe gee ek seks-raad aan maagd voor haar troue?
SARIE - Desember 2009
Vraag: Ek het 'n vriendin wat vandeesmaand trou. Sy is 'n maagd en baie skrikkerig vir die seks...
-
Dr Eve-dilemma: My vrou is bang vir seks
SARIE Januarie 2010
Probleem: My vrou was ‘n maagd toe ons 2 ½ maande gelede getroud is. Ons is albei 31. Ons het voor ons troue rondgespeel maar ek het haar nooit gepenetreer nie. Sy het toe al ‘n lae seksdrang gehad. Noudat sy op die Pil is, het sy byna glad nie ‘n behoefte daaraan nie...
-
Dr Eve-dilemma: Seks is seer.
Probleem: Ek is 21 jaar oud. Ek weet ek behoort seks te geniet. Maar ek kan nie, dis te seer. Ek het al by talle dokters aangeklop, maar nog nooit enige raad gekry wat regtig help nie.
-
Dr. Eve-dilemma: "My vriend stel weke lank nie in seks belang nie."
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
Probleem: My vriend stel weke lank nie in seks belang nie. Dink jy hy het 'n affair?
-
Julle op Facebook oor tienerseks
SARIE - Februarie 2010














Kommentaar