The Parlotones stel hul eie wyn bekend - intens!
The Parlotones het in Mei 2010 hul eie wyn bekendgestel. 'n Rooiwyn, Giant Mistake 2008, en 'n witwyn, Push me to the floor 2009.
Die wynmakers was Hugo Truter en Pieter-Neil, terwyl wyn-entrepreneur Pieter Walser en Woolworths se wynkeurder Allan Mullins die basiswyne gekies het. The Parlotones (Kahn, Neil, Paul en Glenn) het dit vermeng.
"My liefdesverhouding met wyn het begin toe ek die dag besef dat wyn 'n pasmaat op my mooiste en hartseerste oomblikke was. Ons Parlotones-rooiwyn, Giant Mistake 2008, spoel oor jou lippe met die intense geur van ryp, sappige bessies en sjokolade-koffie. Die subtiele, eksotiese speserygeure gee persoonlik heidaan die merkwaardige wyn... Dankie dat julle in hierdie ongelooflike avontuur deel," sê Kahn Morbee, hoofsanger van The Parlotones.
Giant Mistake 2008
Vermeng op verskillende eksotiese plekke, gebottel by Wamakersvallei Winery.
Gemaak van Cabernet Sauvignon (54%), Shiraz (23%), Pinotage (12%), Cabernet Franc (11%). 56% van die druiwe kom van Wellington, en 44% van Stellenbosch.
Verouder in 2de en 3de vul-vate voor vermenging plaasgevind het
Alkohol-inhoud: 14%
Geniet saam met 'n ete saam met vriende en musiek van The Parlotones op die agtergrond
Hoeveel kos dit? R79,95 per bottle
Push me to the floor 2009
Vermeng op verskillende eksotiese plekke, gebottel by Wamakersvallei Winery
Gemaak van: Chenin Blanc (60%), Gewurztraminer (25%), Chardonnay (10%) and Viognier (5%)
Alkohol-inhoud is 12,5%
Geniet dit saam met seekos en witvleis, en veral saam met ligte Asiese spesery-geregte
Wat kos dit? R59,95 per bottel
Verwante artikels
-
Agter die skerms by The Parlotones-musiekvideo
SARIE - Maart 2011
The Parlotones het pas ’n nuwe musiekvideo geskiet van die liedjie Should We Fight Back. Dit is geïnspireer deur Madiba se boek Long Walk to Freedom.




























Kommentaar