Tina Turner op 70!

Deur Liezl Temmingh, SARIE - November 2009

Sy rock! Die superster Tina Turner vier vandag (26 November 2009) haar 70ste verjaardag.

Dié ster wat bekend is vir haar aansteeklike energie en groot persoonlikheid op die verhoog, doen haar ding nou al die afgelope 50 jaar. Haar bydrae tot die rock-wêreld het haar nie verniet die titel as koningin van Rock 'n Roll gemaak nie.

Meer as 200 miljoen albumverkope die wêreld oor. En deur Rolling Stone-tydskrif aangewys as een van die beste sangers van alle tye.

Bron: Wikipedia

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction