Top-50 beste restaurante in die wêreld - SA kry 2 plekke
Die S.Pellegrino World's 50 Best Restaurant Awards het in Mei 2010 twee SA restaurante onder die top-50 aangewys.
La Colombe (in Kaapstad, sjef Luke Dale-Roberts) is aangewys as die beste restaurant in die Midde-Ooste en Afrika, plus dit lê onder die top-20.
In die 31ste plek (6 plekke boontoe van verlede jaar) is sjef Margot Janse en Le Quartier Francais in Franschhoek.
Restaurant Magazine Sjef van die Dekade is Ferran Adrià van El Bulli (wat terloops sy deure vanjaar sluit - lees die artikel op sarie.com)
Die wêreld se top-restaurant is egter Noma in Kopenhagen. Rene Redzepi, hul 32-jarige sjef, het die meeste stemme uit die paneel se 800 internasionale joernaliste en kos-ghoeroes gekry.
Die Europese restaurante het vanjaar die beste gevaar, met die Spaanse- en Italiaanse restaurante kort op hul hakke.
Hier's die top-20, klik by S.Pellegrino vir volledige lys
- Noma - Denemarke
- El Bulli - Spanje
- The Fat Duck - VK
- El Celler de Can Roca - Spanje
- Mugaritz - Spanje
- Osteria Francescana - Italië
- Alinea - VSA
- Daniel - VSA
- Arzak - Spanje
- Per Se - VSA
- Le Chateaubriand - Frankryk
- La Colombe - Suid-Afrika
- Pierre Gagnaire - Frankryk
- Hotel de Ville - Switzerland
- Le Bernardin - VSA
- L'Astrance - Frankryk
- Hof van Cleve - België
- D.O.M. - Brasilië
- Oud Sluis - Holland
- Le Calandre - Italië
Verwante artikels
-
Bestel só jou wyn in 'n restaurant - en spaar!
Nou ja, ons is amptelik in 'n resessie. Gelukkig is daar kelders vol goeie, goedkoop wyn om van te kies.
-
El Bulli, wêreld se top-restaurant, sluit vir goed
SARIE - Februarie 2010
El Bulli, die wêreld se top-restaurant, sluit finaal sy kombuis se deure.














Kommentaar