Toy Story 3 verdien miljarde
Foto’s: www.imdb.com Galery
Toy Story 3 is een van die beste animasie-flieks ooit.
Disney♦Pixar se Toy Story 3 is die animasie-fliek wat die meeste geld gemaak het - meer as 'n miljard Amerikaanse dollars (so R7-miljard).
Dit is die eerste animasie-fliek wat só goed gedoen het en maar net die sewende in dié bedryf. Saam met Alice in Wonderland is Toy Story 3 die tweede Disney-fliek wat hierdie jaar soveel geld gemaak het. Die eerste keer wat 'n Disney-fliek meer as 'n miljard dollars verdien het, was in 2006 met Pirates of the Caribbean: Dead Man's Chest.
"Dit was vir ons 'n wonderlike jaar; om te sien hoe Pixar weer vir Buzz en Woody terug op die silwerdoek gebring het en ook hoe Tim Burton se Alice in Wonderland die wêreld beïndruk het," sê Rich Ross, die voorsitter van The Walt Disney Studios.
"Dié lokettreffers bewys dat kreatiewe storievertelling deur professionele mense met verbeelding, inspirasie en talent, iets is wat regoor die wêreld aanklank by mense vind."
Teen einde Augustus het Toy Story 3 meer as R434 miljoen regoor die wêreld verdien, wat die fliek ook Disney se grootste internasionale animasietreffer maak.

Verwante artikels
-
Jeremy Mansfield kry 'n rol in die nuwe Toy Story 3
SARIE - Mei 2010
Dis 'n eerste vir SA! Jeremy Mansfield het op 11 Mei 2010 op sy Rude Awakening-radioprogram aangekondig dat hy die stem van 'n karakter in Disney.Pixar se Toy Story 3 gaan vertolk, berig www.highveld.co.za


















Kommentaar