'Vallei van Sluiers' se Erica Wessels in BBC-reeks

Deur Fanie Cronjé, SARIE Julie 2010

'Vallei van Sluiers' se Erica Wessels in BBC-reeks Foto’s: verskaf deur kykNET Galery

Dit wil nogal gedoen wees vir 'n akteur om tegelyk in twéé TV-reekse te verskyn. Erica Wessels is te sien in Vallei van sluiers op kykNET en Erfsondes 3 op SABC2. En dan is daar nog 'n klein rolletjie in 'n BBC-dramareeks

Hoekom vlieg jy so onder die radar?
Ek dink ook so. Seker omdat ek meer werk doen wat nie kommersieel is nie.

Waaroor gaan die BBC-reeks waarin jy verskyn?
Die verhaal se naam is The Sisters. Ek vertolk die rol van 'n baie grênd aristokratiese Engelse dame en speel teenoor Rosamund Pike, wat Keira Knightley se ouer suster was in Pride & Prejudice.

Is dit 'n hoofrol?
Nee, klein.

Daar bestaan nie iets soos 'n klein rol nie, net 'n klein akteur, hoor ek by ander akteurs.
Baie waar.

Gaan ons dit hier sien?
Ek weet nie, ek twyfel. Dis 'n mini-reeks met 2 episodes.

Jy kan dit seker uitneem?
Ja, seker, maar waar? Ek woon op Stellenbosch.

By my videowinkel in Killarney.
Ek is mos nie daar nie! Ek sal as ek by my ma-hulle in Johannesburg gaan kuier.

Was die rol in Orion jou deurbraak?
Op TV, beslis. My deurbraak was egter in 2005 op die verhoog toe ek die Fleur du Cap-toekenning gewen het as beste ondersteunende aktrise in Jesus Hopped the "A" Train. Toe ek dit wen, was dit soos 'n waterval wat op my begin neerreën het.

Het jy 'n stunt double gehad om die tweeling te speel in Erfsondes?
Ek het 'n body double gehad vir van die tonele.

Is daar 'n sepie-rol op pad?
Ek sal een van hulle wil doen.

Wat was die TV-rol of karakter wat jou as kind wou laat act het?
Anna-Mart van der Merwe in Die storie van Klara Viljee. Dit was net so, so mooi.

Kyk die nuutste Vallei van sluiers-video

Verwante artikels

Kommentaar

Web Development by FormFunction