Jennifer Hudson verloor baie gewig vir Winnie-fliek - kyk wie speel Nelson Mandela
Ná haar seun se geboorte in Augustus moes Jennifer Hudson haar swangerskapsgewig verloor vir haar rol as Winnie Mandela in Winnie, 'n nuwe fliek oor dié ikoniese vrou se lewe, berig www.people.com
"Ek lyk die beste wat ek nog gelyk het!" - Hudson
Sy het al die gewig op 'n gesonde manier verloor met die hulp van 'n persoonlike afrigter en sy't haar porsie-groottes fyn dopgehou met Weight Watchers se puntesisteem. Sy's ook deesdae die woordvoerder vir Weight Watchers' se dieetplan.
Hudson is op pad na SA om einde Mei 2010 saam met Darrell Roodt aan die nuwe Winnie-fliek te begin werk, berig Celebrity-Gossip.
Verfilming gaan voort ten spyte van die regstappe wat Winnie Mandela geneem het om verfliming te stuit. Dit is nou indien sy nie die draaiboek finaal self goedkeur nie. Maar vervaardigers hou voet by stuk dat die film op geen manier deur die hoofkarakters beïnvloed mag word nie en dat die goeie navorsing die draaiboek sal staaf, berig Ace Showbiz.
Terrence Howard gaan die rol van Nelson Mandela speel.
Verwante artikels
-
Akteur Deon Lotz as F.W. in nuwe Winnie-fliek
Michélle van Breda, SARIE se redakteur, het onlangs in akteur Deon Lotz by die Kaapstadse Internasionale Lughawe vasgeloop waar hy op pad was na Pretoria om 'n toneel vir die nuwe Winnie-fliek te gaan verfilm.
-
Aktrise Heléne Lombard: "Gewig afskud is nie vir sissies nie!"
SARIE - Oktober 2010
Ma-wees het haar verander en sy't geleer om te chill, maar Heléne Lombard ook baie ander dinge geleer.
-
Bekroonde aktrise Alice Krige in SA - sy gesels met SARIE
SARIE Julie 2010
Die Suid-Afrikaansgebore aktrise Alice Krige, wat in 1981 haar rolprent-debuut gemaak het in die Oscar-benoemde rolprent Chariots of Fire, was sedert Vrydag (Julie 2010) saam met haar man, draaiboekskrywer en regisseur, Paul Schoolman, in die land om hul nuwe eksperimentele kunsrolprent StringCaesar bekend te stel.
-
Nataniël se bruinrys-en-lensie-dieet
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 55
Die dieet waarvoor julle gevra het...
-
SARIE by Sex and The City 2-premiere
SARIE - Mei 2010
SARIE-joernalis, Charis Labuschagne, het die premiere van Sex and The City 2 bygewoon. Wat dink sy van die fliek - en oor daai kort rokkies...?
-
SARIE Facebook-fan vertel hoe sy byna 100 kg verloor het
SARIE - September 2009 | Kommentaar: 33
"Die belangrikste skuif wat moet plaasvind, is die een in jou kop!"
-
Sowaar, winter is dié tyd vir dieet! Verloor tot 2,5 kg in 10 dae
SARIE - Augustus 2008 | Kommentaar: 1
Jy smag na warm trooskos - en dié dieet gee dit vir jou. Die winter is juis die tyd om jou lyf viets te kry, want dan is jou metabolisme 'n rapsie vinniger.
-
Winnie-fliek se voorprent met Jennifer Hudson
SARIE - November 2010
Film Bridge International het pas die voorprent van die omstrede Winnie-fliek uitgereik, berig www.aceshowbiz.com














Kommentaar