Victoria Beckham ontwerp die nuwe Range Rover se binnekant

Deur Michelle Els, SARIE Julie 2010

Victoria Beckham ontwerp die nuwe Range Rover se binnekant Foto’s: www.insidelux.com, Vogue.co.uk en Indiancarbikes Galery

Sy was eers 'n sangeres, toe mode-ontwerper van haar eie klerereeks en nou het Range Rover haar gevra om die binneversiering van die nuwe model-reeks Evoque te ontwerp, berig Livestreetjournal.net

Die nuus is op 'n partytjie wat Range Rover in samewerking met Vogue gehou het, aangekondig. Die partytjie by die Kensington-paleis in Londen is gehou om die 40ste bestaansjaar van Range Rover se motors te vier.

Victoria het gesê: "Ek is vreeslik opgewonde om saam met Range Rover te werk. Ek hou van uitdagings en het myself voorberei hiervoor. Ek weet nie waar om te begin nie. Dit is 'n ongelooflike geleentheid. Ek is opgewonde!

Evoque sal teen 2011 se (Europese) somer uitgereik word. Die pryse wissel tussen 24 000 Euro en 36 000 Euro. Die nuwe Range Rover gaan nie net esteties stylvol wees nie - dit bly die ligste Range Rover met die laagste brandstofverbruik.

Verwante artikels

Galery

  • Victoria saamet die Range Rover
  • fireshot_capture_007_not_so_posh_now_victoria_beckham_designs_car_interiors_socialite_life_vic_rr.jpg
  • Victoria in pastel by die partytjie
  • Die Beckhams

Kommentaar

Web Development by FormFunction