VIDEO: Elma Postma in Hannon se parfuumadvertensie

SARIE - Oktober 2010

Glam Guru, Hannon, het die pragtige Elma Postma, tans aanbieder van Boer Soek 'n Vrou, gekies as die gesig vir sy Hannon-parfuumreeks, Be Glam by Day en Be Glam by Night.

In die advertensie word jy weggevoer na Parys, Frankryk, met dag- en aandtonele van die Eiffeltoring as agterdoek. Die ontwerp van die sy parfuumbottels herinner aan die klassiekheid van 'n Chanel No.5- en Prada-parfuumbottel.

Hannon is veral bekend vir sy topgehalte haar- en grimeerreeks en word gereeld saam met top internasionale produkte in plaaslike glanstydskrifte gelys. Sy grimering is spesifiek ontwikkel vir vroue wat sukkel met sensitiewe oë en vir dié wat kontaklense dra.

Wat is jou gunsteling Hannon-produk en hoekom?

Kyk die advertensie hier:

Verwante artikels

Kommentaar

  • Dis pragtig en anders!!1 Ek stem saam met Candice, dis 'n nuwe gesig van Elma en sy is steeds ongelooflik mooi. Geluk Hannon. Goeie keuse

    19de Nov. 2010, 15:40
  • Guess my Afrikaans must be a little rusty; thought the question was, "Wat is jou gunsteling Hannon-produk en hoekom?" Not, "Hoe lyk Elma Postma in hierdie video?". Anywho...@Hannie - "Dis nie Elma nie!", and you would know this how? It is her. Just a different facet of her we have not seen. :-) That's the problem nowadays! We see these celebs on TV, in magazines, etc. and we suddenly become experts. We make all sorts of baseless assumptions and have certain expectations of them. Are you sure you watched the video posted above? You can clearly see her "pragtige natuurlike glimlag" in the first half!@Izelle, it is a perfume ad for pete's sake. It's highly unlikely that you'd see the same Elma you see on Boer soek 'n Vrou, especially with the whole "Be Glam" concept.

    8ste Okt. 2010, 20:38
  • Genade neeeeeeeeeeeeeee.

    7de Okt. 2010, 12:33
  • Ek stem saam Hannie - Elma is hopeloos te veel opgetert - dis seker omdat ons weet hoe mooi haar glimlag is dat ons dit mis !!!!! Daar is hopeloos te veel hare vir een mens !!!

    5de Okt. 2010, 11:17
  • NEE NEE NEE! Dis nie Elma nie! Waar is haar mond, nie eers te praat van haar pragtige natuurlike glimlag nie? Hannon se grimeerkunstenaars het hierdie keer gefaal. Hierdie advertensie sal my nie inspireer om Hannon se parfuum te koop nie.

    5de Okt. 2010, 10:40

Web Development by FormFunction