VIDEO: Jennifer Aniston se kêrel 'breakdance' vir haar op TV
Justin Theroux, die man aan Jennifer Aniston se sy, wys sy dansvaardighede vir sy geliefde op die The Ellen DeGeneres Show. Kom kyk!
Jennifer Aniston en Justin Theroux (ook haar medester in die nuwe fliek, Wanderlust) is een van Hollywood se mooiste paartjies. Talentvol én mooi! En talentvol op verskeie vlakke.
Só het Justin spesiaal vir Jennifer ge-breakdance tydens sy kuiertjie op die Ellen DeGeneres Show. Hy het aan Ellen sy verskuilde danstalent verklap – ook vertel van sy spesiale breakdance-skoene – toe sy afbuk en dié spesiale paar skoene uit 'n bruin papiersak lig met 'n spesiale nota van Jennifer dat hy dit mag nodig kry.
Kom kyk bietjie! Die man kán dans!
Verwante artikels
-
Friends-sterre sê nee vir fliek
Matt LeBlanc (Joey) is toe nie die enigste Friends-ster wat dink 'n Friends-fliek is 'n slegte idee nie, berig www.usmagazine.com.
-
Jennifer gee uit op skoonheid
SARIE Maart 2012 | Kommentaar: 3
Dit is geen geheim dat Hollywood-sterre duisende rande op hul skoonheidsroetines kan bestee nie, en nou weet ons omtrent hoeveel!

















Kommentaar
Hanke het gesê:
Excellent!!!!
23ste Feb. 2012, 01:48TINA het gesê:
Sy moet maar met hom trou - hy is baie oulik!
22ste Feb. 2012, 17:01