VIDEO: Macy Gray se liedjie vir die Wêreldbeker. En kyk die uitrustings!
Ook die voormalige Grammy-wenner Macy Gray ry op die Wêreldbeker-wa en het haar nuutste liedjie, Beauty in the World, aan die toernooi hier in SA opgedra.
Dis geskiet deur Giuliano Bekor, bekende modefotograaf en regisseur van Los Angeles.
Dit het ook saamgeval met die maak van 'n spesiale Wêreldbeker-advertensieveldtog vir die modehuis bebe. (Ja, dit is al bebe se praguitrustings wat te sien is.)
Kyk die video hieronder om te sien hoe lang, lenige modelle (almal van L.A. Models) sokkerballe vernuftig in hoë hakke skop en dribbel. "Doelwagters" in hakke, met hoede, handsakke en perfekte grimering, duik, val en strek om kamtig om "doele" te keer. En dít alles in die nuutste bebe-modes van die seisoen.
Wonder of Ronaldo dít sou kon regkry?!
Kyk ook: Agter die skerms toe dié veldtog geskiet is.
Verwante artikels
-
Ontwerper-sonbrille vir die sokker
SARIE - Mei 2010
Dolce & Gabbana en Oakley het spesiaal vir die 2010 Wêreldbeker-sokkertoernooi elk twee sonbrille ontwerp.
-
Resepte vir 'n sokkerfees!
SARIE KOS Herfs 2010
Dit klink of die buitelanders omtrent smul aan ons eg Suid-Afrikaanse "reënboog-cuisine", met bobotie glo heelbo aan die lys! By sarie.com het ons 'n paar resepte spesiaal vir jou en jou gaste uitgekies om dié wêreldbeker so kuier-kuier in te gaan.



















Kommentaar