VIDEO: Paris Hilton en Leonardo land in SA vir Wêreldbeker
Hollywood bekendes Paris Hilton en Leonoardo DiCaprio was in Suid-Afrika vir die Sokker Wêreldbeker in 2010. Dié video wys hoe hulle by Lanseria-lughawe aanland.
Paris het alleen in 'n private straler by die Lanseria-lughawe geland nadat hulle in Kameroen 'n vinnige stop moes maak vir brandstof. Maar kyk net die hope en hope bagasie - en alles Louis Vuitton! Sy is van plan om Vrydag 2 Julie 2010 se wedstryd tussen Nederland en Brasilië in Port Elizabeth by te woon.
Leonardo DiCaprio het ook aangekom en probeer om ongemerk deur die aankomssaal te beweeg. "Selfs op ’n afgeleë plek in Suid-Afrika (tydens ‘n vorige besoek) het mense met hul selfone foto’s van my geneem. Daar is nie ’n plek waar ek kan wegkruip nie."
Paris en Leonardo het Donderdag 1 Julie 2010 ook in 'n private vertrek van 'n restaurant in Rosebank, Johannesburg, saamgekuier.
Sy kan nie op haar Twitter-blad uitgepraat raak oor die wonderlike land nie. Dit lyk of Suid-Afrika 'n nuutgevonde juweel is vir Hollywood-celebs - daar word selfs gegis dat Brad Pitt ook onlangs by Lanseria geland het....Ons sal laat weet sodra ons dit kan bevestig!
KYK AL DIE BAGASIE!

Verwante artikels
-
As Paris Hilton se skoen jou pas... koop dit!
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 4
Trap hoog in Paris Hilton se hakke met die bekendstelling van haar skoenreeks in Suid-Afrika.
-
Die huldeblyk van Michael Jackson se dogter, Paris
SARIE - Julie 2009 | Kommentaar: 2
Gister is die 'Koning van Pop' ter ruste gelê. En dis sy oudste wat die wêreld aan die praat het met haar toespraak by sy gedenkdiens. Hier is die insetsel.
-
Eksklusief! Leo DiCaprio oor sy fliek Inception
SARIE Julie 2010
Leonardo praat eksklusief met sarie.com oor sy nuwe fliek, loopbaan, en sy aantrekkingskrag vir vroue...
-
Leonardo DiCaprio oor of hy dink hy's sexy
SARIE September 2010
-
Nico Panagio ontmoet Paris Hilton en wys sy foto's van Cannes
SARIE - Augustus 2009
Nico, ’n aanbieder van die glansprogram Top Billing op SABC3, het onlangs ’n eksklusiewe onderhoud met dié beroemde sosiale vlinder gevoer by die 62ste jaarlikse rolprentfees in Cannes
-
Paris Hilton nóú 'n brunet?
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 2
Sosiale vlinder, Paris Hilton, het pas 'n foto van haarself as 'n donkerkop op haar Twitterblad gedeel.




















Kommentaar
Linda Felkel het gesê:
Paris Hilton `n Hollywood-Ster? Dit is nou opwindende nuus. ;-)
4de Jul. 2010, 22:25swaeltjie het gesê:
ai die wonderwereld van die rich and famous! hier sit ek in die verre en verlang na SA, maar kan dit nie bekostig om te kom kuier nie en hulle reis in styl! ai tog.
2de Jul. 2010, 15:49