Volkswagen Citi Golf groet na 25 jaar
Foto’s: Liezl Temmingh Galery
Nou toe nou! So kom alle goeie dinge ook tot 'n einde. SARIE was Vrydagmiddag met die kamera op die Seepunt-promenade om die MK1 Limited Edition Volkswagen Citi Golf vir oulaas te groet.
Die legende het na 25 jaar afgetree en een van die laaste Citi's wat vervaardig is, het onlangs landwyd getoer sodat ons kon tot siens sê.
Mense het in hul massas opgedaag om op die swart Golf hul boodskappe en herinneringe met gekleurde penne neer te skryf. Dié einste Golf staan nou in die Volkswagen-museum.
Besoek Goodbye Citi Tour se Flickr-blad om die foto's van die hele toer te sien. Raak ook 'n fan op hul Facebook-blad en kyk wat alles die afgelope 2 weke gebeur het.
Dalk bring hulle die Citi weer terug soos hulle die Beatle 'n paar jaar terug weer laat herleef het? Net dalk.
Verwante artikels
-
Jul gunsteling- Citi Golf-herinneringe
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
Ons het julle op ons Facebook-blad gevra wat julle gunsteling- Citi Golf-herinneringe is. Dis wat julle te sê gehad het:






















Kommentaar
jeanette norris het gesê:
Dit is so n jammerte dat ons moet bye se aan so n mooi en betroubare motortjie,my dogter ry ha een noual vir 8jr en ek geniet dit as ons 2 uitga en sy se ons ry met ha golfie,toe ek en my man begin uitgaan het,het ons ook n golfie gehad en hy het ons nooit in die steek gelaat nie,ek love die golfies en is baie hartseer,en ek is 60jr en as my man my vra wat is jou keuse kar dan is dit altyd,my golfie dankie.
15de Jan. 2010, 11:36Ankia Wetsch het gesê:
Ek onthou toe ek nog 'n klein dogtertjie was het my ouers 'n golfie gehad. Op 'n dag het my ma gery om my na die kleuterskool te var, toe ons 'n groot slag hoor. My ma het sowaar agteruit teen die muur vas gery. Die hele "bumper" lê op die grond. Julle kan dink in watter toestand sy was. Dit was ons enigste kar en sy was boonop bloed jonk. My oupa grootjie het tot die redding gekom en die "bumper" net terug gehak en daar kon ons ry. Ek was betyds vir kleuterskool en het 'n storie gehad om te vertel. My ma het 'n rooi gesig gehad, maar ons lag darm maar lekker oor daardie dag. Ai golfies was staatmakers.
24ste Nov. 2009, 17:56