Vroue met longkanker duik saam met haaie
'n Ekstreme storie van hoop - dis die verhaal van twee vroue wat verlede Vrydagmiddag saam met haaie in 'n tenk by die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad geduik het. Dit maak deel uit van 'n bewusmakingsveldtog vir longkankermaand in November.
Theresa Rainier (47) en Leni White (55) is beide met longkanker gediagnoseer en hoewel Leni se kanker in remissie is, het Theresa s'n teruggekom. Sy begin binnekort weer met behandeling.
Dit het hulle egter nie weerhou om sowat vyf en 'n half meter diep saam met die akwarium se skeurtandhaaie rond te jakker nie.
SARIE was daar met die kameras!
November is longkanker-bewustheidmaand.
- Meer as 'n miljoen mense sterf jaarliks aan longkanker.
- Longkanker word dikwels verkeerd gediagnoseer as tuberkulose of longontsteking.
- Sowat 90% van mans en 80% van vroue kry longkanker as gevolg van rook.
Verwante artikels
-
Doen-ding van die maand: Word 'n Cansa-vrywilliger
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
In Februarie is Wêreldkankerdag 'n kans om 'n verskil in die lewens van mense wat met kanker leef te maak. En jy kan óók help. Lees die stories van hoop deur bekendes soos Jeremy Mansfield, Janie du Plessis en ons eie blogger, Minette Stone.


























Kommentaar
Niana Jacobs het gesê:
Wat 'n inspirasie! Julle is "Fabulous"!
1ste Sep. 2009, 10:02