Waar het SARIE haar naam vandaan gekry?

SARIE - Julie 2009

Reg geraai, ons naam kom van die volksliedjie Sarie Marais. Naspers het destyds 'n wedstryd uitgeskryf en baie mense het dié naam voorgestel. Dit het presies gesê wie ons teikenmark is - die Afrikaanse vrou. 'n Tydskrif vir, van en oor die Afrikaanse vrou, so Afrikaans, sy het selfs 'n Afrikaanse naam! Maar gou het almal net van Sarie gepraat - hoewel die mashoof Sarie Marais gebly het tot einde Januarie 1976.

** In die nuwe uitgawe van SARIE (nóú te koop) deel ons interessante SARIE-dinge met jou - dit wat jy dalk nie geweet het nie.

Lees hierdie blog oor die geskiedenis van Sarie Marais - daar's onder andere 'n video van die Royal Marines-kommando wat Sarie Marais sing!

En raai bietjie wie het ons hier?
Ons vertel jou in die nuwe SARIE

Raai wie is dit?

Verwante artikels

  • Geluk, SARIE!

    Geluk, SARIE!

    SARIE - Augustus 2009 | Kommentaar: 7

    Uit alle oorde is SARIE se 60 goue jare besing. Het jy ook 'n verjaardagwens vir SARIE?

Galery

  • Die eerste SARIE-voorblad ooit - 6 Julie 1949
  • Raai wie is dit?

Kommentaar

  • Ek het tydens die KKNK ingeskryf op die Sarie en ontvang SMS boodskappe na 0828532778 om my in kennis te stel dat ek my tydskrif gaan ontvang en het nog geen tydskrif ontvang nie. Die posadres is posbus 1538 Rooseveltpark 2129

    17de Jul. 2010, 11:07
  • Hi, Ek is opsoek na die voorblad (en inhoud)van verskillende Sarie Uitgawes. Die datums is as volg: 8 Februarie 1960 en 28 Maart 1964 & 19 Augustus 1986 & 10 Mei 1996. Waar kan ek die inligting kry? Groete Lucia Esterhuizen

    10de Mei. 2010, 11:03
  • Hallo!!! Ek wil asb. 'n GROOOOOT guns vra! Is dit dalk moontlik dat jul vir my die voorblad van 'n paar van jul eerste Sarie Marias kan e-mail? Ek wil dit raam en my een hele kombuismuur volplak en in een van die rame die woorde van my Sarie Marais, hoe ouer hoe beter! My kinders sal in Suid-Afrika met kultuur grootword, en waar is 'n beter plek om te begin as met my Sarie Marias!? Julle is regtig 'n "descent" tydskrif wat nie wil swartsmeer nie, maar heelmaak waar julle kan!!! Baie, baie dankie daarvoor! Cornia

    16de Jun. 2009, 18:09

Web Development by FormFunction