Wat het Jackie Kennedy en Katie Holmes gemeen?

Deur Michelle Els, SARIE Augustus 2010

Sy is gekies om die rol van Jackie Kennedy te vertolk in 'n mini-reeks van sowat 8 uur, The Kennedys.

Die reeks sal in 2011 op die History Channel uitgesaai word. Saam met Katie speel Greg Kinnear, die Britse akteur Tom Wilkinson en Barry Pepper.

Holmes het ook nou 'n klerereeks saam met haar stilis, Jeanne Yang, bekendgestel. Die klerereeks se naam is Holmes & Yang en dit is vir vrouens en kinders met klassieke flair. Haar klerereeks is beskikbaar by Barneys New York - Madison Avenue, Chicago & Beverly Hills en Maxfield - Los Angeles.

Kyk ook uit vir The Son of No One waarin Holmes saam met die Dear John-akteur, Channing Tatum, speel.

Kyk net vir Katie!

Wie&aposs wie?Jackie..eh er ons bedoel Katie

Katie en Suri

Verwante artikels

Galery

  • Katie en Suri
  • Wie's wie?
  • 'n Toneel uit The Kennedys
  • Jackie..eh er ons bedoel Katie
  • 'n Toneel uit The Kennedys
  • Katie Holmes
  • 'n Toneel uit The Kennedys
  • Toneel uit 'n Toneel uit The Kennedys Kennedy's

Kommentaar

Web Development by FormFunction