Wat jy nie van Nico Panagio geweet het nie
Foto’s: Ivan Naudé/M-Net Galery
Nico verklap sy gunstelinge en 'n paar ander geheime.
NICO SE GUNSTELINGE
KOS: Pizza. Ek is mal oor kaas. Ek het ook 'n sagte plekkie vir vars brood, veral as dit tuisgebak is.
DRANKIE: Rooiwyn. Ek hou van 'n Beyerskloof Pinotage
BOEK: Shantaram van Gregory David Roberts
BUITELUG-AKTIWITEIT: Bergfietsry
WEGBREEKPLEK: Die dorpie Lutra aan die suidelike kus van Kreta
WAT JY NIE VAN NICO GEWEET HET NIE...
Ek kan myself nie help om sagte, oulike speelgoed te koop nie. Dis asof dit my in die oë kyk en sê "Pa". My vrou, Christi, steek dit in die kas weg.
Ek het al 'n baba gevang. Ek was deel van 'n vrywilligergroep toe ek jonger was. Ek moes 'n paramedici-kursus doen waarvan obstetrie deel was. Ek het net die teorie van die kursus voltooi toe ek in 'n situasie was waar 'n vrou begin kraam het en die ambulans nie die plek kon kry waar sy was nie. Die een oomblik het ek probeer onthou wat om te doen, die volgende oomblik het ek 'n babaseuntjie in my arms gehad.
Ek is gek oor varsgemaalde koffie. Ek kan nie kitskoffie vat nie. Ek het selfs my eie koffie-plunger en koffie Mosambiek toe gevat tydens die Survivor SA-opname. 'n Paar mense van die TV-span het dieselfde gedoen en ons het saam koffie gedrink. Dit klank dalk vreemd, maar 05:00 in die oggend maak dit sin.
Ek haat dit om skoongeskeer te wees. Dit laat my kaal voel. As ek nie TV-opnames doen nie, laat ek my baard groei.
Ek het 'n ding vir klere van 100% katoen, veral T-hemde. Ek gee nie om wat die etiket sê nie, solank dit van katoen gemaak is, koop ek!
Verwante artikels
-
Cindy uit Survivor, sy praat met sarie.com
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 15
-
Die sepiesterre wat julle die meeste mis
SARIE Januarie 2010
Volgens ons meningspeiling op sarie.com het julle só gestem oor die sepiesterre wat julle die meeste mis...
-
Erg, erger, Survivor: Agter die emosionele skerms
SARIE Maart 2010
Hoe erg kan Survivor nou eintlik wees? ’n Maand op ’n idilliese eiland saam met sexy vroue en gespierde mans, en jy verloor boonop ’n paar kilogram. SARIE gee ’n kykie agter die emosionele skerms.
-
Gladiator Garth Collins uit Survivor SA - hy praat met SARIE
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 6
-
Lady Lea uit Survivor SA, sy praat met SARIE
SARIE - Februarie 2010
-
Nico Panagio wys sy foto's
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Op Top Billing is hy die ene gepoleerde sjarme, maar die eiland van Survivor SA is bepaald nie die glanswêreld nie. Vir aanbieder van 2010 Survivor SA, Nico Panagio, was dit erger én lekkerder as wat hy ooit kon dink . . .
-
sarie.com-gebruikers vol lof vir Survivor se Cindy
SARIE Januarie 2010 | Kommentaar: 1
-
Survivor SA, episode 4: Agter die skerms
SARIE - Februarie 2010
-
Survivor SA: Agter die skerms van Episode 2
SARIE Januarie 2010
-
Van 7de Laan tot Survivor - Nico Panagio bly koelkop
SARIE - Februarie 2010 | Kommentaar: 1
Op Top Billing is hy die ene gepoleerde sjarme, maar die eiland van Survivor SA is bepaald nie die glanswêreld nie. Vir aanbieder Nico Panagio was dit erger én lekkerder as wat hy ooit kon dink...














Kommentaar
Ogies het gesê:
....sug mooi bly mooi
1ste Okt. 2010, 13:45Ogies het gesê:
....sug mooi bly mooi
1ste Okt. 2010, 13:45Grietjie het gesê:
een BAIE GOEIE rede om Survivor SA te kyk......Nico!!!!
10de Feb. 2010, 11:32