Wat maak Hanna Grobler aan Steve se sy?
Foto’s: Aubrey Jonsson Galery
2011 gaan ’n gróót jaar wees vir die Afrikaanse fliekbedryf. En hoe dan anders as Sean Else en Deon Opperman koppe bymekaar sit?
Platteland, dié twee se nuwe fliek, word in Januarie geskiet. Steve Hofmeyr is die skurk in dié fliek en Hanna Grobler speel sy golddigger-vrou. “Ek het nog altyd goeie meisies gespeel, maar dié keer is dit glad nie die geval nie!” vertel Hanna.
Die hoofrolle word vertolk deur sangers Bok van Blerk en Lianie May, en ander groot name soos Jay du Plessis en Karlien van Jaarsveld sal ook daarin te sien wees. Sean is baie opgewonde oor die fliek en hy glo dit gaan "’n grote" wees. “Die storie is baie boeiend en vol aksie, en natuurlik is daar ook romanse tussen-in.”
Om teenoor Steve te speel is vir Hanna opwindend. “Ek sien baie daarna uit, want ek en Steve kom goed oor die weg. Dit is vir my ’n voorreg om teenoor hom te speel, want hy is ’n baie ervare akteur.”
Platteland sal volgende jaar Junie in fliekteaters landwyd wys.
Verwante artikels
-
Agter die skerms by Platteland
SARIE - Maart 2011 | Kommentaar: 2
SARIE se Martie Swanepoel en Phyllis Green het op die rolprentstel van Platteland, 'n nuwe Afrikaanse musiek-fliek, naby Verkykerskop gaan kuier
-
Agter die skerms met Hanna Grobler
SARIE - April 2010 | Kommentaar: 3
Hier vertel Fanie meer oor die Hanna Grobler wat hy jare gelede al ontmoet het...
-
Hanna Grobler: "Ek's g'n blonde poppie"
SARIE - April 2010
Haar tyd op die eiland Santa Carolina tydens die skiet van Survivor SA, het mense ’n ander kant van haar laat sien as net die sexy blondine, sê Hanna Grobler. En sy’t baie van haarself geleer
-
Hanna, Bok se meisie hou verjaarsdag - SARIE was daar
SARIE - Maart 2011
-
Ons lesers (en Armand) vra vir Steve vrae
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 23
SARIE-lesers en Steve se seun, Armand, vra vir hom die vrae wat jy nog altyd wou...
-
Platteland: Steve en Lianie verklap wat agter die skerms gebeur
SARIE - Januarie 2011 | Kommentaar: 28
Dinge op die stel van Platteland is heeltemal omgekeer. Hanna en Steve is 'n paartjie, Bok en Lianie wat gewoonlik sing, is hoofakteurs en SARIE se styl-en sosiale redakteur is 'n koerantfotograaf...
-
Steve Hofmeyr en sy seun maak geskiedenis
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 6
Nuus24 berig dat in Junie 2010, vir die eerste keer in die bestaan van die amptelike weeklikse lys van top-20-CD-verkopers in die land, is ’n pa en sy seun saam op die lys met verskillende CD’s.
-
Steve Hofmeyr oor Nádine
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
"Ek het die liedjie 'Kaapse draai' vir Nádine gegee om te sing," vertel Steve.
-
Steve se Facebook-aanhanger vertel die rit in sy Audi R8
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 1
Hoe't jy gevoel toe jy saam met Steve in sy silwer Audi R8 gery het?
-
Steve se groot verrassing vir 'n Facebook 'fan'
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 9
Die opwinding het al 24 November op Steve se Facebook-blad begin met die inskrywing: "More word hierdie outjie by my gelos vir n paar dae. Iemand vir 'n lift?"
-
Steve: "Daardie duiweltjie in my kuiltjie"
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 10
Hy's uitgesproke en omstrede, maar ook 'n kunstenaar wat mense bly verras. en nou sien ons Steve Hofmeyr in SARIE se Afri-Spaans én in 'n nuwe fliek.

















Kommentaar
lea het gesê:
Soe! eindelik al die goeie akteurs en sangers bymekaar.. dit kan net fab.. wees!
25ste Mar. 2011, 07:04Ingrid Bodenstein het gesê:
Dit lyk nou interessant !!!
9de Feb. 2011, 16:12