Watter celebs hou almal van gholf speel?
Louis Oosthuizen, wat die legendariese Skotse gholfbaan, St Andrews, in die 2010 Ope Kampioenskap getem het, het ons só geïnspireer dat ons gaan kyk het watter ander celebs ook graag tyd op die gholfbaan deurbring.
Victor Matfield, kranige rugbyspeler, is een van die wat besluit om vandag op die gholfbaan deur te bring. Klink vir ons hy is net spyt dat Jaques Fourie nie vandag kan saam speel nie, oor sy skouer.
Kurt Darren het selfs tydens sy onlangse toer in Australië 'n paar gholfstokke saam met die Bokke op die gholfbaan in Brisbane geswaai.

Liezel van der Westhuizen van Idols-faam was vroeër dié week by die Vodacom Origins of Golf Tour saam met Emmanuel Castis en Breyton Paulse waar hulle saam gholf gespeel het (saam op die foto hieronder).

Vanessa Haywood (hooffoto regs) se Twitter-opmerking lees: '4 for 3!!!! I LOVE golf!!!"
Op internasionale front is akteurspaar Michael Douglas en Catherine Zeta-Jones sekerlik die bekendste gholfliefhebbers en hulle slaan gereeld af met ander celeb-pêlle soos Kevin Costner en Hugh Grant.
Shakira wat haar heupe so lekker swaai, sê sy is nie regtig een vir sport nie, " ... But in golf, you just need concentration, of which I have plenty, and hip swing is very important."
Kelly Clarkson sê sy hou van die kalmte wat gholf haar gee en vergelyk die spel met die lewe: As jy gister foute gemaak het, het jy vandag kans om dit reg te stel en weer te probeer.
Amy Winehouse het glo 9 putjies gespeel en was mal daaroor. (Sy't ook glo 'n natuurlike swing!)
Op Golf.com het hulle 'n paar groot PGA-gholfsterre gevra om te sê watter celeb-vrou hulle verkies om vir hulle golf-afrigting te gee... Julia Roberts, Anna Kournikova en Jessica Alba.
Bronne: celebrity golf en Twitter
Watter sportsoort doen jy vir ontspanning?
Verwante artikels
-
Die aktrise Vanessa Haywood oor District 9
SARIE - Desember 2009
-
Dinamies en sportief
SARIE - November 2009
’n Stasiewa val nie in elkeen se smaak nie, maar die outomatiese Tourer 2.2 i-DTEC met sy dinamiese en sportiewe stilering het 3 van ons in die saamryklub blinkoog gehad.
-
Fanie gesels met The Parlotones - hulle deel 'n verhoog met Kelly Clarkson
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Hiér is groot talent, dit word al selfs internasionaal raakgesien. The Parlotones is juis nou by Sun City besig om te repeteer vir ʼn konsert saam met Kelly Clarkson.
-
Hanna Grobler - Getroud met rugby
Mense sal haar dalk onthou as Sam van Binnelanders, maar sy is beter bekend as Casper de Vries se assistent in die kykNET-program Doen met 'n miljoen. Sedert 7 April is Hanna Grobler ook as die rasieleier Kiki in Getroud met rugby op kykNET te sien.
-
Hugh Grant oor verhoudings
SARIE Maart 2010
-
Natalie du Toit vereer by Laureus, die Oscars van sport
SARIE Maart 2010
Onse eie Natalie du Toit is gisteraand (9 Maart 2010) by 'n glansryke geleentheid in Aboe Dhabi bekroon as die wêreld se top-atleet met 'n gestremdheid. Natalie, jy maak ons só trots!
-
Nuwe Getroud met rugby-fliek!
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 2
Kuier agter die skerms van dié fliek oor die rugbyspan, die Stryders.
-
SA bekendes wat soos Hollywood-celebs lyk. Raai wie?
SARIE Augustus 2010
Ons het 'n bietjie deur die foto-albums geblaai, en raai wat? Kyk net na watter internasionale celebs lyk Michelle McLean, Jana Strydom, Anna-Mart van der Merwe, Corine du Toit en Landi Swanepoel!
-
Sanger Arno Jordaan wys sy gunsteling-foto's
SARIE Augustus 2010
Arno het nou onlangs saam met Kurt Darren Australië besoek en daar in Brisbane, Perth en Sydney opgetree.
-
Slanker, sexy en sportiewer
SARIE - Februarie 2010
Ná ’n makeover lyk dié Mazda nou na dié motor om ’n paar modelle na ’n gala-aand te neem.
-
Sokker ís groter as rugby
SARIE - Junie 2010
-
Vir ernstige rugbyverslaafdes!
SARIE - Junie 2009
As jy een van daai rugbyvrate is wat statistieke oor wedstryde en spelers op jou vingers kan aftel, is hierdie boek beslis vir jou.
-
Waka Waka saam met Freshlyground en Shakira
SARIE - Mei 2010
Die offisiële Wêreldbeker-liedjie, Waka Waka, gesing deur Shakira en Freshlyground het reeds die radiogolwe getref. Nou kan jy die Waka Waka-dans leer (net betyds vir Bafana Bafana se eerste wedstryd op die 11de Junie).

























Kommentaar