Wie is die sexyste man ter wêreld?
Hier is die top twintig sexyste manne van 2010!
Dis net vampiere en weerwolwe waar jy kyk!. Nee, nie op die stel van die nuutste Twilight-fliek nie, maar op Britse Glamour se lys sexy manne, glo 2010 se mooistes. En ja, ja, dis wéér Robert Pattinson, die supersexy vampier van Twilight, wat die nommer een posisie opeis.
Hier's die ander 19 wat ná hom volg:
2. Taylor Lautner , Robert Pattinson se medester in Twilight
3. Ian Somerhalder van die TV-reeks Vampire Diaries
4. Xavier Samuel, te sien in Eclipse as Riley
5. Kellan Lutz, ook te sien in Twilight en pas aangewys as die nuwe gesig van Calvin Klein-onderklere
6. Johnny Depp, binnekort te sien in die fliek, The Tourist, teenoor Angelina Jolie
7. Justin Bieber, tiener-sangsensasie en YouTube-fenomeen
8. Sexy Skotse akteur, Gerard Butler
9. Hayden Christensen speel saam met Chris Brown in Takers, wat later dié jaar uitgereik sal word
10. Channing Tatum, tans besig met die verfilming van The Kennedys-minireeks teenoor Katie Holmes as Jackie Kennedy
11. Orlando Bloom- binnekort pa vir die eerste keer!
12. Chace Crawford, Nate in Gossip Girl, ook te sien in TWELVE wat binnekort uitgereik sal word.
13. Chris Brown
14. Justin Timberlake, die gesig van Givenchy se Play-parfuum
15. Cristiano Ronaldo, sokkerheld en 'six pack-koning'
16. Ryan Gosling (The Notebook, en ook nou te sien in Blue Valentine)
17. Ed Westwick of beter bekend as Chuck Bass van Gossip Girl
18. Ashton Kutcher
19. Jake Gyllenhaal nou binnekort te sien in die drama Love and Other Drugs saam met Anne Hathaway.
20. Bradley Cooper, Lt 'Faceman' Peck in die nuwe The A-Team.




Wie dink jý is die sexyste man ter wêreld?
Verwante artikels
-
"Die dag toe ek vir Ronaldo sien!" SARIE se Herman vertel
SARIE - Junie 2010
Oukei, ek is mos maar ’n plattelandse seun van Upington en as dit by celebs kom, verloor ek sommer kop.
-
Bekende akteur sê nee vir groot advertensie-veldtog!
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 2
Robert Pattinson het 'n kans om in 'n Burberry-advertensieveldtog te wees van die hand gewys.
-
Bekende akteur stof Clooney uit as wêreld se sexyste man
SARIE - November 2010
Die akteur Ryan Reynolds is 2010 as People-tydskrif se sexyste man ter wêreld gekroon.
-
Eksklusief op sarie.com - Jake Gyllenhaal gesels uit Hollywood
SARIE - Mei 2010
Jake Gyllenhaal is binnekort te sien in die fliek Prince of Persia wat 21 Mei 2010 op die grootskerm in Suid-Afrika begin draai. Jake se medester is Gemma Arterton.
-
Emmanuel Castis van Erfsondes droom van 'n fliek met Johnny Depp
SARIE Julie 2010
Dié akteur en sanger wat nou in Erfsondes 3 op SABC2 te sien is, praat passievol oor sy drome, hoop, vrese, lewenslesse.
-
Gerard Butler gesels oor The Bounty Hunter saam met Jennifer Aniston
SARIE Maart 2010 | Kommentaar: 1
Gerard Butler speel die rol van Milo Boyd teenoor Jennifer Aniston in The Bounty Hunter. Dit gons behoorlik in die media oor die energie tussen hulle. Hy gesels oor die fliek
-
Overtone: SA mansgroep deur Clint Eastwood ontdek
SARIE - Desember 2009
-
Sharlto Copley is die nuwe Charlize Theron - SARIE by The A-Team-première
SARIE Augustus 2010
SARIE was in Auguatua 2010 by die première van The A-Team met plaaslike akteur Sharlto Copley in die rol van Murdock.
-
Woody Allen se nuutste fliek (met Carla Bruni!) - Midnight in Paris
SARIE Augustus 2010
Hulle het vroeg in Julie 2010 begin skiet aan Midnight in Paris (natuurlik in die Franse hoofstad).





















Kommentaar
Charmaine het gesê:
Geen van bogenoemde doen dit vir my nie. Keanu Reeves, Antonio Banderas!! Now that is sexy!!!
24ste Aug. 2010, 16:11