Spieëltjie, spieëltjie . . . wie is die wreedste koningin?

Deur Madge Booth, SARIE November 2011

Spieëltjie, spieëltjie . . . wie is die wreedste koningin? Foto’s: www.imdb.com Galery

Is dit Charlize Theron in Snow White and the Huntsman of Julia Roberts in Mirror Mirror wat die kroon sal dra?

Miljoene dollars word tans bestee om twéé flieks oor Sneeuwitjie te maak, en albei is geskeduleer vir 2012.

Mirror Mirror word beskryf as ’n donkerder weergawe van die sprokie waarin Sneeuwitjie en die sewe dwergies hul koninkryk probeer terugneem.

Snow White and the Huntsman handel weer oor die jagter wat Sneeuwitjie in die woud moet gaan doodmaak. Hy word dan haar mentor en saam probeer hulle die wrede koningin tot ’n val bring, maar daar is nie dwergies in dié weergawe te sien nie.

Die akteurs vir albei weergawes is indrukwekkend en dis moeilik om nou reeds te voorspel watter een die gewildste gaan wees. Benewens die twee Hollywood-sterre in die rol van die koningin, is Kristen Stewart van Twilight-faam en Lily Collins van The Blind Side in onderskeidelik Snow White and the Huntsman en Mirror Mirror te sien.

Wie dink jy gaan die rol die beste vertolk, Julia of Charlize?

 Julia Roberts  Charlize Theron

Kyk hier na Mirror Mirror se lokprent 

Kyk hier na Snow White and the Huntsman se lokprent 

Galery

  • Julia Roberts
  • Charlize Theron

Kommentaar

  • Ek stem saam! Charlize lyk die wreedste. Sy is voorwaar 'n pragtige vrou...evil of te nie!

    18de Nov. 2011, 10:55
  • Ek is nog altyd gek na sprokies - en nou is ons so gelukkig om sommer 2 weergawes van Sneeuwitjie te kan sien! En ja, Charlize blyk meer wreed te wees. Seker omdat Julia Roberts my dink aan die "girl next door" en Charlize se "Monster" my altyd sal bybly, lol

    17de Nov. 2011, 13:01
  • Albei is briljant - die een wreed, die ander een snaaks. Ek gaan beslis albei rolprente kyk!

    17de Nov. 2011, 09:34
  • Altwee lyk uitstekend !!! Kan nie meer wag nie !!!!

    17de Nov. 2011, 09:26
  • Na ek die 2 lokprente beloer het, wil dit vir my voorkom asof Charlize die kroon sal dra as die wreedste...

    17de Nov. 2011, 09:09
  • Ek dink Charlene het "the more evil look in her eyes" hehe

    17de Nov. 2011, 09:07

Web Development by FormFunction