Woody Allen se nuutste fliek (met Carla Bruni!) - Midnight in Paris
Hulle het vroeg in Julie 2010 begin skiet aan Midnight in Paris (natuurlik in die Franse hoofstad).
In die fliek speel Marion Cotillard, van Nine, Owen Wilson, Rachel McAdams, van The Notebook, Adrien Brody en Carla Bruni-Sarkozy.
Dit is Bruni se eerste fliek. Sy vertel sy kon nie só 'n geleentheid deur haar vingers laat glip nie.
Allen was nog altyd geheimsinnig oor die inhoud van sy flieks, dat hy selfs nie eers vooraf vir die akteurs sou vertel waaroor dit gaan nie. Maar Midnight in Paris is anders. Hy het darem 'n kort beskrywing van die fliek gegee: Midnight in Paris is 'n romantiese komedie, wat gaan oor 'n familie wat Parys toe reis vir besigheid... Die reis verander hul lewens. Die fliek vier 'n jong man se liefde vir Parys en die illusie dat 'n lewe anders as jou eie wonderlik sou wees.
Woody Allen het self die draaiboek geskryf en sal ook regisseur wees. Die fliek sal in 2011 uitgereik word.
Ons gee vir julle 'n voorsmakie van Midnight in Paris:


Verwante artikels
-
Eat Pray Love–parfuum!
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
As mense nóú van Eat, Pray, Love praat, moet daar gevra word: “Die boek, die rolprent of die parfuum?”
-
Fliekresensie: Midnight in Paris
SARIE Januarie 2012 | Kommentaar: 1
Glad nie 'n ligsinnige romanse nie!
-
Louis Vuitton, Bono op Upington
SARIE September 2010
Droë gras, bossies, heuwels en wie sou nou kon dink: Louis Vuitton!
-
Madonna regisseur en skrywer van nuwe rolprent
SARIE Julie 2010
Het Madonna dan geen end nie? Op 5 Julie 2010 het verfilming aan die fliek W.E. begin - sy was die mede-skrywer van dié draaiboek en is ook verantwoordelik vir die regie.
-
Madonna word 52 en kyk net hoe lyk sy!
SARIE Augustus 2010
Madonna is 52 jaar oud en steeds beeldskoon.
-
SA bekendes wat soos Hollywood-celebs lyk. Raai wie?
SARIE Augustus 2010
Ons het 'n bietjie deur die foto-albums geblaai, en raai wat? Kyk net na watter internasionale celebs lyk Michelle McLean, Jana Strydom, Anna-Mart van der Merwe, Corine du Toit en Landi Swanepoel!
-
Steve Hofmeyr oor Nádine
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
"Ek het die liedjie 'Kaapse draai' vir Nádine gegee om te sing," vertel Steve.
-
Wie is die sexyste man ter wêreld?
SARIE Augustus 2010 | Kommentaar: 1
Hier is die top twintig sexyste manne van 2010!




















Kommentaar