FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Bekendes

Nóg ’n goue oomblik vir Chad le Clos

Chad le Clos was gister, soos altyd, ’n dolfyn in die water. Blitsig, egalig en gefokus. Maar by die SA Spele in Durban het die 24-jarige nie net twee kwalifiseringsvereistes oortref nie, hy het ook sommer verjaar!

Chad het die nasionale titel in die 200 m-vryslag met ’n wentyd van 1:47.75 verower, asook in die 200 m-vlinderslag die wêreld se vierde vinnigste tyd vanjaar opgestel, berig Netwerk24.

’n Oomblik van vreugde

Die verjaardagseun se uitmuntende swempogings het gesorg vir staande applous.

Saam met Chad het die swemmers Christopher Reid, Cameron van der Burgh, Michael Meyer, Sebastien Rousseau en Myles Brown gekwalifiseer vir die Olimpiese Spele in Rio later vanjaar.

FOTO: Siphiwe Sibeko/ Reuters

FOTO: Siphiwe Sibeko/ Reuters

In SARIE se Junie 2013-uitgawe het Bert le Clos gepraat oor sy liefde vir sy seun, Chad.

Hier volg ’n kort uitreksel:

Toe Chad le Clos sy rolmodel, Michael Phelps, in 2012 by die Olimpiese Spele geklop het, wou pa Bert bars van trots. Hul verhouding getuig van wedersydse respek en liefde vir mekaar.

1. Wat was jou kosbaarste oomblik as pa?

Toe Chad goud by die Olimpiese Spele gewen het. Party ouers sal dalk jok en sê dit was hul kind se geboorte, maar as jou kind goud wen by die Olimpiese Spele … Ek is seker hulle sal saamstem.

2. Wat is die een eienskap van Chad wat jy graag sal wil hê?

Sy vasberadenheid. En sy looks, natuurlik!

3. Wat doen hy wat jou laat lag?

Die snaaksste is wanneer hy mense se aksente na-aap.

4. Wat was jou grootste verleentheid tot dusver as pa?

Toe Chad nog in die laerskool was en ek in die wedloop vir pa’s gehardloop het. Ek het gestruikel en op my vet maag geval!

5. En wat moes hy eerder nie by jou geërf het nie?

Ons albei eet heeltemal te veel!

Chad en sy pa, Bert FOTO: Dean Lauréntz

Chad en sy pa, Bert
FOTO: Dean Lauréntz

Baie geluk, Chad!

Lees nou